Huisgenoot

Paartjie se liefdesver­haal ’n HG-fliek

Dié egpaar se besonderse liefdesver­haal gaan in HG se tweede film omskep word

- Deur MARISA FOCKEMA

HUL liefde ken kronkelpaa­ie en drama, maar beslis nie grense nie. Dis ’n romanse wat oor vastelande, duisende kilometers en dekades heen strek . . . Toe Mardaleen Coetzer in die 1990’s die eerste keer haar toekomstig­e man, Hugo Derks, raaksien, was albei nog studente in Potchefstr­oom.

Vir hom was die kampuslewe sinoniem met kuier en rugby. Sy was weer ’n joolkoning­infinalis en boonop met die “ordentlike ouens” bevriend.

Bestem vir mekaar – dié twee wat so verskil?

Maar toe besluit die noodlot dat hulle ná universite­it in dieselfde kommune in Londen beland, en dis hier waar hulle, ondanks verskeie kinkels, halsoorkop op mekaar verlief geraak het.

Toe hul tyd oorsee verby was, het die stadsliggi­es van Kaapstad vir Mardaleen gewink en Hugo het die plaaslewe in Namibië verkies. Lank daarna het hul paaie weer gekruis, en ’ n wipplankve­rhouding het oor die kilometers tussen Namibië en die Kaap ontwikkel.

Die Derks- egpaar van Gobabis in Namibië se paadjie tot by die kansel was omtrent vol kinkels, maar vandag is hulle al 14 jaar gelukkig getroud en het hulle ’n dogter, Githe (12), en ’n seun, Liam (11).

En nou kan ons eindelik aankondig: Mardaleen se vertelling van haar en Hugo se verhaal was so besonders dat ons dit as die wenner van Huisgenoot en kykNET se tweede fliekkompe­tisie aangewys het.

Ja, hul storie is uit sowat 200 inskrywing­s gekies as die ware liefdesver­haal waarop ons volgende fliek gegrond sal word.

Ná die wegholsuks­es van ons eeufeesfli­ek, Vir die Voëls, gegrond op die liefdesver­haal van Irma en Sampie de Klerk van Newcastle, KwaZulu-Natal, het Huisgenoot en kykNET besluit om weer saam ’n fliek te maak. Dié keer is dit Mardaleen en Hugo se storie wat sy weg na die silwerdoek vind.

“Dis ’n ervaring van ’n leeftyd en ’n onverwagte lekkerte,” sê Irma oor die pad wat vir Mardaleen en Hugo voorlê. “Dit is ongeloofli­k om in ’n teater te sit en na jou eie storie op die grootskerm te kyk. Dit is ook baie spesiaal, want dis vir ewig en altyd vasgevang. Jou storie word deel van die geskiedeni­s.”

INSKRYWING­S vir ons kompetisie is van so ver as Amerika, Australië en Kanada ontvang, maar Mardaleen, ’n Afrikaanso­nderwyser, en Hugo, ’n boer, se storie het uitgestaan. Hul verhaal beskik oor al die elemente van ’n boeiende romanse, sê Wikus du Toit, kykNET se opdrag- gewende vervaardig­er vir komedie en drama. “Daar is twee oulike mense, interessan­te plekke, ’n vars invalshoek, die groot misverstan­d wat veroorsaak dat hulle uitmekaard­ryf, en dan die passie toe hulle mekaar weer vind; baie lag, ’n klomp trane en hope liefde.”

Boonop loop hul storie ’n wye draai,

van Potchefstr­oom se studentele­we tot in Londen en dan die ontknoping in N Namibië. ibië “Di “Dis opwindend. id dDi Dis anders d en nuut,” sê Wikus.

Hy hou veral van die storiewêre­ld teen die agtergrond van die 1990’s, toe al wat leef en beef ná hul studie vir ’n rusjaar in Londen gewerk het. “Gooi daarmee saam die lekker musiek van die 1990’s, en jy het ’n Afrikaanse storie wat nog nie op ons silwerdoek vertel is nie.”

Karen Meiring, direkteur van kykNETkana­le, sê hul lekker storie vertel boonop van ’n era in ons land waaroor nog nie baie flieks gemaak is nie. “KykNET sien uit na die ontwikkeli­ngsproses.”

Danie Bester van The Film Factory, ook die vervaardig­er van Vir die Voëls, is as die vervaardig­er van die nuwe fliek aangewys. Sy span werk reeds aan die draaiboek.

Hy sê dis ’n opwindende romanse wat ’n stewige knippie humor bevat en kykers sal laat goed voel. “Mardaleen en Hugo se verhaal is uitsonderl­ik omdat hulle nooit tou opgegooi het met die liefde nie.”

Yvonne Beyers, redakteur van Huisgenoot, sê: “Ons is opgewonde om hierdie pad saam met ons nuwe sterre te stap, en dit is ’n baie groot voorreg om hul storie te kan vertel.

“Ons het wonderlike inskrywing­s vir ons kompetisie ontvang en dae lank gebaai in die gloed van soveel aangrypend­e en heerlike liefdesver­hale.

“Maar dis Mardaleen en Hugo se storie wat ’n mens dadelik met die gevoel laat: Dié storie is iets besonders. Ons het sommer van die eerste oomblik geweet dit gaan ’n trefferfli­ek word.”

MARDALEEN was 22 en het kommunikas­iekunde studeer toe sy Hugo (toe 24) in Potchefstr­oom opmerk. Sy en ’n vriendin het by ’n groep pelle in die studentehu­is langs syne gekuier. Die dag toe sy hom raaksien, was hy kaalbolyf in ’n rugbybroek en kon sy nie anders as om na sy blokkiesma­ag te loer nie.

Min het sy geweet dié B.Com.-student het reeds uitgevra oor die meisie wat so by die ouens oorkant die draad kuier. “Nee, pel, vergeet daarvan. Sy is nie jou tipe nie,” het een buurman gesê.

Toe hul paaie die volgende jaar in Londen kruis, het hulle ’n skakelhuis saam met ’n groot groep jong SuidAfrika­ners gedeel. Hugo was gewild, en Mardaleen het in ’n stadium gedink hy is ’ n “regte pierewaaie­r”, vertel sy nou.

Maar toe raak hulle verlief. Mardaleen onthou nog daardie eerste soen: “Ek is oortuig ’n mens kry ’n soenmaat nes jy ’n sielsmaat kry.”

In die vreemde het hulle ’n sprokiesro­manse vol avonture – maar ook hartseer en drama – beleef.

In dié tyd het hulle besef sy soek ’n lewe in die stad, en die plaas roep hom; daarom het hulle met hul vertrek uit Londen nie eens telefoonno­mmers uitgeruil nie. Maar natuurlik was dit nie die einde van die storie nie . . .

OM MET mekaar getroud te wees is steeds een groot avontuur, vertel die twee vanuit Namibië. “Ons is beste vriende en deel alles met mekaar,” sê Mardaleen. “Mardaleen hou baie daarvan om ons storie aan almal te vertel,” sê Hugo gemoedelik.

“Ek sal dit ook soms vertel, maar ’n verkorte weergawe. Sy sal dan met die details inspring en sê: ‘ Wag, wag, wag, laat l t ek kditli dit liewer vir i j julle ll vertel.’ t l’” ”

Nadat sy dit eendag aan haar gr. 11klas vertel het, het die storie soos ’n veldbrand deur die skoolgange van Gobabisgim­nasium versprei. “Elke periode daarna het die volgende klas kom vra om die storie te hoor. Ek het besef ons liefdesver­haal het dalk ’n kans in die kompetisie.”

Mardaleen het twee dae voor die sluitingsd­atum verwoed begin tik om dit in te stuur. Hugo het daarna gekyk om “dit ’n bietjie te sensor”.

“Dit was ons wilde en rebelse jare,” verduideli­k Mardaleen laggend.

“Dit voel nog nie werklik dat die fliek oor ons gemaak word nie. Sedert ons die nuus gehoor het, beleef ons slapelose nagte van opwinding,” sê Mardaleen. “Ons wonder watter akteurs die karakters sal speel en hoe die kreatiewe mense dit sal optower.”

Die verfilming van die fliek begin vroeg in 2019 en die première is op volgende jaar se kykNET Silwersker­mfees in Kaapstad. Dis van Desember 2019 af in fliekteate­rs te sien.

Al is dit op ware gebeure gegrond, word die draaiboek, wat deur TarrynTani­lle Prinsloo geskryf en deur Hanneke Schutte geredigeer word, plek-plek vir die silwerdoek aangepas. Boonop sal ’n rits kleurryke karakters in die fliek verskyn.

Vandag is daar nie meer enige grense tussen Mardaleen en Hugo nie. In die week, wanneer sy op Gobabis skoolhou, woon sy en hul twee kinders op die dorp. Vrydae durf hulle die plaaspad van 135 km aan om naweke by Hugo te wees.

“Elke keer wanneer ek die plaashekke oopstoot, is ek in ’n ander wêreld en kom ek tuis,” sê sy. “Mense vra dikwels hoe ek op die plaas aangepas het. Maar ek is so dolverlief op my man, hy kon my na Timboektoe neem en ek sou hom gevolg het. Ek wil nêrens anders wees nie.”

En nou sal almal in daardie reis kan deel . . .

 ??  ?? HOOFFOTO: Die wenners van Huisgenoot­enoot se tweede liefdesver­haalkompet­isie, Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis, Namibië. BO en INLAS: As jong verliefdes het hulle saam met ’n groep Suid-Afrikaners ’n skakelhuis in Londen gedeel.
HOOFFOTO: Die wenners van Huisgenoot­enoot se tweede liefdesver­haalkompet­isie, Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis, Namibië. BO en INLAS: As jong verliefdes het hulle saam met ’n groep Suid-Afrikaners ’n skakelhuis in Londen gedeel.
 ??  ?? LINKS BO: Hugo en Mardaleen op hul troudag in 2004. BO: Die egpaar saam met hul kinders, Githe (12) en Liam (11), in Namibië. REGS BO: Die gelukkige paartjie in 2016 op ’n partytjie met ’n prettige Hawaise tema. DIE LEWE DAARNA
LINKS BO: Hugo en Mardaleen op hul troudag in 2004. BO: Die egpaar saam met hul kinders, Githe (12) en Liam (11), in Namibië. REGS BO: Die gelukkige paartjie in 2016 op ’n partytjie met ’n prettige Hawaise tema. DIE LEWE DAARNA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa