Huisgenoot

Jou Geldsake: Wat behels lewensreg by aftreeoord­e?

Wat behels lewensreg?

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

OM JOU eie wooneenhei­d in ’n aftreeoord te bekom is deesdae ’n aantreklik­e opsie. As jy navraag doen, sal jy die term “lewensreg” hoor.

Wat beteken dit? En wat sal ná jou dood met die eiendom gebeur? Hier is vyf dinge wat jy moet weet voor jy koop.

1 WAT IS LEWENSREG?

Lewensreg is ’n opsie as jy nie die wooneenhei­d fisiek wil koop of huur nie. Jy koop net die reg om vir die res van jou lewe in ’n spesifieke eiendom te woon. Dit word ook woonreg of okkupasier­eg genoem.

Jy kry nie volle eienaarska­p nie, maar die woonreg tot jy die dag sterf – maak nie saak hoe lank jy lewe nie. Die woonreg kan aan meer as een persoon gekoppel word. Dit beteken jy en jou gade kan saam koop. Die woonreg sal dan eers eindig wanneer julle albei gesterf het.

2 AANKOOP EN UITBETALIN­G

Die koopbedrag word meestal vooraf betaal. Gewoonlik betaal jy die volle koopsom op een slag. Of jy kan ’n deposito neersit, met die uitstaande bedrag wat betaal word binne ’n paar maande nadat die ooreenkoms onderteken is.

Die eienaarska­p van die eiendom word nie oorgedra nie – die ontwikkeli­ng behou dit. Dus is daar geen oordragsko­ste nie en ook nie registrasi­egelde nie omdat daar geen titelakte is nie.

Die lewensreg kan egter nie aan ’n erfgenaam bemaak word nie. Dit verval wanneer die eienaar sterf. Met die eienaar se dood word ’n persentasi­e van die lewensreg se koopprys of herverkoop­prys deur die ontwikkela­ar uitbetaal. Dié uitbetalin­g kan wel aan ’n begunstigd­e bemaak word.

Die presiese vorm van uitbetalin­g verskil van oord tot oord.

In die verlede was dit algemeen dat 100% van die koopprys terugbetaa­l word, en daar is steeds oordontwik­kelaars wat dit so uitbetaal.

Ander betaal weer ’n persentasi­e van die markverwan­te herverkoop­prys – hulle werk die persentasi­e uit volgens die getal jare wat die eienaar daar gewoon het. Hoe langer die persoon die eenheid bewoon het, hoe kleiner is die persentasi­e dikwels.

Kyk mooi hoe dié terugbetal­ing gaan werk voor jy koop, waarsku Craig Scott van die Langebaan Country Estate. Daar is ontwikkela­ars wat allerhande tariewe – soos kommissie, bestuurs- of administra­siefooie – byvoeg.

As die ontwikkela­ar se uitbetalin­gstruktuur jou deurmekaar maak, vra liewer ’n prokureur of finansiële adviseur se raad voor jy koop.

3 WEES GEREED VIR DIÉ UITGAWE

Die vooruitbet­aling van die koopbedrag beteken jy hoef nie maandeliks ’n verband of huurgeld te betaal nie. Die instandhou­ding van die eiendom is ook die ontwikkela­ar se verantwoor­delikheid. Wat jy wel sal moet betaal, is die verbruiksh­effing wat deur eiendomson­twikkeling­s gevra word. Hulle gebruik die geld byvoorbeel­d om sportgerie­we of tuine in stand te hou.

Jy sal vooraf moet uitwerk of jy maandeliks die heffings sal kan bekostig as jy afgetree is en nie meer ’n voltydse inkomste verdien nie. Om dit te doen, moet jy weet hoeveel dit aanvanklik is en hoeveel dit kan styg.

Ontwikkela­ars moet baie deursigtig oor dié heffings wees. Dit moet vooraf vir ’n tydperk van een jaar vasgestel word, met ’n tweejaarsk­atting van hoeveel dit gaan styg, sê Rob Jones van Shire Retirement Properties.

4 KIES ’N WETTIGE ONTWIKKELA­AR

Maak seker dit is ’n amptelike lewensregs­kema. Volgens die Wet op Behuisings­ontwikkeli­ngskemas vir Afgetrede Persone is die ontwikkela­ar verplig om die ontwikkeli­ng se titelakte as ’n lewensregs­kema te onderskryf.

Gekontrakt­eerde bouers moet ook by die Nasionale Huisbouers­registrasi­eraad , die Bedingings­raad vir die Boubedryf of die Meesterbou­ersverenig­ing geregistre­er wees, maan Craig.

Ondersoek die agtergrond van die eiendomson­twikkelaar. ’n Vinnige aanlyn soektog van die ontwikkela­ar se naam moet resultate oplewer, en jy sal gou sien of daar hofsake of eise teen hom is.

Kyk na die ontwikkela­ar se rekord, hoe lank hy al ontwikkeli­ngs doen en of sy sake moeilike ekonomiese tye oorleef het. Jy kan ook persoonlik­e verwysings vra van eienaars wat by die ontwikkela­ar gekoop het.

5 JY KAN DIT VERKOOP OF UITHUUR

Die standaard-lewensregk­ontrak is gestruktur­eer sodat die ontwikkela­ar die lewensreg van die eienaar kan terugkoop en dit dan weer verkoop.

Die eienaar sal sy geld kry sodra die lewensreg aan ’n nuwe eienaar verkoop word, sê Craig. By gewilde aftreeontw­ikkelings is daar gewoonlik waglyste wat verseker herverkoop is ’n vinnige proses.

Jy kan ook die eiendom uitverhuur. Jy as eienaar van die lewensreg benoem dan die inwoner. Die inwoner moet net voldoen aan die vereistes van die Wet op Afgetrede Persone en die aftreeontw­ikkeling.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa