Huisgenoot

Boeke: oeke: Verwonder jou aan dié drie feiteboeke feit

-

Deur Barbara K. Lipska (Penguin Random House, R255*) Dr. Barbara Lipska is ’ n neuroweten­skaplike, ’ n kenner wat soek na redes vir breindefek­te in die hoop dat sy en haar span eendag ’ n fisieke diagnostie­se hulpmiddel vir geestesiek­tes kan bedink – en dit eindelik kan genees.

Sy bestuur ’ n breinbank en het al honderde artikels oor neuropsigi­atriese steurings gepublisee­r. Maar dan laat haar eie brein, wat haar deur die jare in staat gestel het om sulke gevorderde werk te doen, haar skielik in die steek.

Sy ontvang ’ n diagnose wat haar lewe op sy kop keer: ’n bloeiende breingewas, wat net kan dui op metastatie­se melanoom, die aggressief­ste soort kanker.

Barbara het tevore al borskanker en velmelanoo­m oorleef, maar dié keer weet sy dis doodsake.

Sy verloor haar geheue en dwaal ure lank in haar buurt rond sonder om te weet watter huis hare is. Sy moet ook gedragsver­anderings, fisieke simptome en irrasional­e gedagtes hanteer. Haar simptome kan dui op demensie of skisofreni­e.

Barbara skryf in ’n artikel in The New York Times: “My jongste skandering­s wys byna al die gewasse in my brein het verdwyn of aansienlik gekrimp. Teen alle verwagting in was die behandelin­g doeltreffe­nd. Ek hou steeds my emosies en gedrag fyn dop om te kyk of iets weer uitrafel. Dit bly ’n obsessie. Maar ek leer om my te verheug dat my brein weer werk. Ek kan die sonnige straat buite sien en dit verstaan. Ek kan my kinders bel en hulle sal my stem herken en van verligting sug. Ek kan my rekenaar aanskakel en weer werk.”

Haar memoires gee ’n toeganklik­e insig in die wêreld van neuroweten­skap en die krag en weerlooshe­id van die brein. – NONHLANHLA KHUMALO

 ??  ??
 ??  ?? ur hetom
ur hetom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa