Huisgenoot

Glenn Close lewer ’n kragtoer in The Wife

- Deur FRANCO HAVENGA

Drama. Met Glenn G CClose, Jonathan Pryce en CChristian Slater. Regisseur: Björn Runge. 16 DSG. Begin op 24 Augustus.

Waaroor gaan dit?

Die befaamde skrywer Joe Castleman (Pryce) word na Swede genooi om met ’n Nobelprys vir letterkund­e vereer te word. Sy vrou, Joan (Close), is op die oog af net so verheug oor haar man se prestasie en besef skynbaar dit sal vir hulle albei die kroon span op ’n leeftyd se harde werk. As toegewyde vrou het sy ’n sleutelrol in haar man se lewe as suksesvoll­e skrywer gespeel. Sy’t immers 40 jaar lank haar eie drome en ambisies opgeoffer om haar charismati­ese man by te staan – en dit terwyl sy oog bly dwaal het. Maar agter die skerms is Joan naby aan breekpunt.

Is dit goed?

Die rolprent, wat op die Amerikaans­e skrywer Meg Wolitzer se gelyknamig­e boek gegrond is, bied ’n kykie in die rol wat ’n vrou in ’n man se lewe we kan speel.

Joan vertolk ’n ondersteun­ende nende rol vir haar man, maar in werklikhei­d draai die fliek om haar. Close se toneelspel is puik, in so ’n mate dat daar gegis word sy kan eindelik haar eerste Oscar wen, en kykers sal beslis aanklank by haar karakter vind. Dit is die wisselwerk­ing tussen die karakters wat die storie interessan­t hou.

In terugflits­e sien kykers hoe Joan en Joe ontmoet het en word dit gou duidelik sy het ook ’n blink toekoms as skrywer gehad. “Daar is niks ergers as ’n skrywer wie se gevoelens seergemaak is nie,” merk ’n karakter op.

Dié stelling weergalm deur die fliek en kykers moet uitpluis watter een van die skrywers se gevoelens in watter deel van hul lewe gekwets is. En natuurlik hoeveel skade werklik berokken is.

 ??  ??
 ??  ?? Christian Slater se karakter, Nathaniel Bone, teister die paartjie gereeld aangesien hy ’n biografie oor Joe se lewe wil voltooi.
Christian Slater se karakter, Nathaniel Bone, teister die paartjie gereeld aangesien hy ’n biografie oor Joe se lewe wil voltooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa