Huisgenoot

In die kollig: Kim Syster maak naam in Binnelande­rs

Dié Binnelande­rs-nuweling sal nog vir hope drama sorg

- Deur ABBY-GENE BISSOLATI

WELKOM BY BINNELANDE­RS

Kim het onlangs haar buiging in die kykNET-sepie Binnelande­rs gemaak as dr. Jax Davids, ’n algemene praktisyn wat in ’n hospitaal in die Kongo gewerk het. Sy is nou terug in Pretoria ná al die drama in Afrika. Haar grootste bekommerni­s is dat dr. Deon Visser (Pietie Beyers) se toestand nie verbeter nie. Danny Jantjies (Bradley Olivier) is ’n welkome afleiding vir Jax, wat haar weer in die stad moet vestig nadat sy so lank in die “bos” gepraktise­er het.

“Ek en Jax het baie gemeen: Ons is albei sterk vroue en maak nie ’n moordkuil van ons hart nie. As ons ’n ding wil sê, sê ons dit,” vertel Kim (30).

Haar karakter is baie impulsief en beland gereeld in die sop daaroor, vertel sy. “Dit, en die feit dat sy nie bang is om haar mond oop te maak nie, sal nog vir baie drama sorg.”

STEEK ORAL KOP UIT

Dié boorling van die Wes-Kaapse dorpie Mamre woon tydelik in Johannesbu­rg terwyl sy aan Binnelande­rs verfilm. Kim is geen groentjie op die kassie nie. Sy is al sowat 11 jaar in die vermaakbed­ryf en het al in dramareeks­e soos Erfsondes en Sterlopers gesig i gewys. S Sy i is ook kl later t vanjaar in die nuwe kykNET-dramareeks Spoorloos te sien as die aspirantjo­ernalis Sonja Landman. “Dit was ’n lekker rol, want die karakter is ambisieus en probeer ’n storie oopvlek, wat dit spanningsv­ol gemaak het. Sy is verstrooid, maar probeer steeds hard om haar werk te doen.”

VELE GESIGTE

Sy het al op 10 besluit sy wil eendag ’n aktrise word, vertel Kim. Sy het in 2005 aan die Hoërskool Parow in die Kaap gematrikul­eer en toe toneelspel aan CityVarsit­y studeer. Sy het die een oudisie ná die ander afgelê voor sy haar eerste rol losgeslaan het in die Amerikaans­e fliek van 2013 Death Race 3: Inferno, wat in die Kaap verfilm is. “Ek het teenoor Danny Trejo gespeel. Ek was ’n verpleegst­er en Danny se karakter se stukkie,” vertel sy. “Daarna het baie harde werk gevolg tot waar ek vandag ’n dokter in Binnelande­rs speel.”

Sy raak nie sommer opgewonde oor sterre wat sy ontmoet nie. Tog bieg sy: “Ek kan dalk net flou val as ek Marc Lottering ontmoet.”

En wie is Kim tuis? Wat jy sien, is wat jy kry, sê sy. “En ek is die gelukkigst­e in ’n kombuis.” In haar vrye tyd kook sy en kyk werklikhei­dstelevisi­eprogramme. “Ek sou beslis meel in die oë van die deelnemers van The Great Bake Off kon skop,” skerts sy.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa