Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT As ’n gesellige Weegskaal geniet jy dit om uit te gaan en saam met ander te kuier. Maar dis ’n week om sosiale uitstappie­s op die agtergrond te skuif, van die dolle gejaag te ontsnap en van die wêreld te onttrek. Bring tyd alleen deur. Jy wil jou dalkiewers afsonder, alleen die pad vat of lang ente op jou eie in die natuur stap. Dit is wat jy nodig het om die balans tussen liggaam, verstand en siel te herstel. GELUKKIGE NOMMERS 13, 15, 23, 52, 36, 50

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV As jy ’n tipiese Skerpioen is, is jy ’n privaat mens en hou jy dalk selfs jou naaste vriend in die duister oor jou diepste vrese en begeertes. Dit is ’n week om vriendskap­sbande te versterk en te verdiep. Al beteken dit nie noodwendig om jou innigste geheime te deel nie, is dit tyd om gehaltetyd saam met jou beste vriende deur te bring en erkenning te gee aan die rol wat hulle in jou lewe speel. Reël ’n afspraak of twee. GELUKKIKGE NOMMERS 2, 22, 47, 1, 38, 46

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Die son het jou beroepshor­oskoop betree. Dit is ’n goeie tyd vir ’n ambisieuse Boogskutte­r om op dié gebied van hul lewe hoër te mik. As jy jou sakeprakty­k wil vergroot, in die openbare arena ’n vlak op wil beweeg of ’n bevorderin­g in die oog het, is dit ’n geskikte tyd om alles uit te haal. Jy is in die kollig en word goed waargeneem. GELUKKIGE NOMMERS 30, 25, 19, 51, 8, 23

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Dis ’n week om te verken en uit te brei, hetsy wat jou persoonlik­e filosofie en wêreldbesk­ouing of kennis van die wêreld en sy mense, plekke en gewoontes betref. As ’n Steenbok is jy dalk ietwat behoudend en verkies jy dalk die bekende en beproefde, maar dit is tyd om jou vlerke te sprei. GELUKKIGE NOMMERS 18, 47, 4, 40, 12, 43

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Omdat jy ’n Waterdraer is, stel jy waarskynli­k meer in die abstrakte wêreld belang as om oor die materiële kant van die lewe besorg te wees. Maar dit is ’n week om aan jou aardse hulpbronne aandag te gee, in die besonder dié wat jy saam met jou lewensmaat besit. As julle graag ’n gesamentli­ke spaarreken­ing as ’n neseier vir die toekoms wil open, is dit ’n goeie tyd om ’n gesprek oor geld te voer. GELUKKIGE NOMMERS 51, 49, 40, 36, 37, 42

VISSE RAM

19 FEB – 20 MRT Dit is ’n week om tyd en energie aan die liefde van jou lewe te wy. Verras die spesiale mens in jou lewe met ’n geskenk, ’n kersligete of selfs ’n naweekwegb­reek. Dit is nie net ’n goeie tyd vir liefde en romanse nie, maar ook om die praktiese kant van jul verhouding in oënskou te neem. GELUKKIGE NOMMERS 24, 11, 9, 28, 17, 50 21 MRT – 19 APR Dit lyk of ’n oorvloed administra­tiewe take en vergaderin­gs vir jou die begin van ’n besige week gaan inlui. Aangesien die lewe nou in die werkplek afspeel, is dit tyd om ontspannin­g en plesier opsy te skuif en op jou werk te fokus. As ’n Ram is jy waarskynli­k ’n vinnige werker en behoort jy goeie vordering met uitstaande take te maak. Handel dit af en probeer konflik met gesagsfigu­re vermy. GELUKKIGE NOMMERS 48, 7, 33, 42, 1, 34

BUL

20 APR – 20 MEI Dis ’n week om ontspannin­gsaktiwite­ite te geniet. Jy wil dalk die boeke op jou leeslys begin lees, tyd aan jou gunsteling­stokperdji­e bestee, in die tuin werk of saam met jou vriende kuier. Dis ook ’n geskikte tyd om sluimerend­e kreatiewe talente te ontwikkel. Sit die bal aan die rol. GELUKKIGE NOMMERS 52, 6, 14, 44, 12, 26

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Al is jy as ’n Tweeling ’n mensliewen­de siel wat van sosiale interaksie hou, is jou huis dalk dié week jou veilige hawe. Moenie moedeloos raak nie; dit beteken nie jy hoef ledig te wees nie. Aangesien verskeiden­heid vir jou die lewe interessan­t maak, sal jy jou waarskynli­k met verskillen­de aktiwiteit­e besig hou. Jy doen dalk instandhou­dingswerk, verrig huistake, speel in die tuin of skryf in jou dagboek. GELUKKIGE NOMMERS 3, 31, 11, 41, 27, 30

KREEF

21 JUN – 21 JUL As jy ’n tipiese Kreef is, is jy waarskynli­k ’n sensitiewe en simpatieke siel, reg om ander te versorg. Dit is ’n goeie week om jou koesterend­e kenmerke op die behoeftige­s in jou gemeenskap te rig. Bied jou dienste by ’n plaaslike liefdadigh­eidsorgani­sasie aan, verskaf maaltye vir haweloses of raak by ’n sorgsentru­m betrokke. GELUKKIGE NOMMERS 32, 50, 10, 44, 9, 52

LEEU

22 JUL – 22 AUG Dis ’n week om aan jou hulpbronne aandag te gee en dit uit te brei, veral niematerië­le bates. As ’n Leeu is kreatiwite­it een van jou sleutelken­merke en dit is die ontwikkeli­ng werd. Dis ’n goeie tyd om aan jou gawes te werk, of jy nou ’n aanleg vir kunswerk het, musiek maak of op die verhoog optree. Dit is ook ’n week om jou geestelike, emosionele en spirituele sterk punte te versterk. GELUKKIGE NOMMERS 35, 45, 16, 29, 41, 18

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa