Huisgenoot

Ons ns gaan op safari afari met die Groot root Vyf VyfV

Ons gaan op safari in Suid-Afrika en beskou ons land se Groot Vyf van naderby, en gee ook ’n dieptekyki­e na die kameelperd

-

SUID-AFRIKA is geseën met ’n landskap wat ’n habitat aan baie soorte wilde diere bied – van woude, savannes en grasvelde tot halfwoesty­n- h en dorre woestyngeb­iede. Hoewel landboubed­rywighede en - -nedersetti­ngs baie wilde diere uit hul h natuurlike omgewing om gewing verdrin verdring, kom hulle nog voor in ons talle wildreserv­ate en n nasionale p parke , maar o ook plek- plek op die plattelan land. O Ons kyk na die wil wilde diere bekend as die Groot Vyf en e fokus dan op die ka kameelperd – ’n dier w wat baie ongewoon lyk as gevolg van sy laaa laaaang nek.

DIE GROOT VYF

Die Groot Vyf is deesdae die hoofaantre­kkingskrag vir toeriste wat ons wildreserv­ate besoek. Vroeër jare is hierdie groep diere – die Afrika-olifant, Kaapse buffel, renoster (swart en wit), leeu en luiperd – die Groot Vyf genoem omdat grootwildj­agters hulle so graag wou skiet en omdat hulle beskou is as die moeilikste diere om te jag. Die eerste drie is knorrige herbivore (plantvrete­rs) en die laaste twee gevaarlike karnivore (vleisvrete­rs) wat ander diere jag en verslind.

VLEISVRETE­RS

Wilde diere soos die leeu en luiperd wat ander diere jag om hul vleis te eet, word roofdiere genoem.

Safarigang­ers wil altyd graag leeus sien. Hoewel hulle eens op ’n tyd volop was, is na raming nou net 20 000 leeus oor. Dié diere van die savannes hou in troppe van sowat vyf tot 15 diere. Hulle het geen natuurlike vyande behalwe jagters nie.

Luiperds, wat nes leeus lede van die kat- familie is, is skugter roofdiere wat gewoonlik in die nag aktief is. Hulle jag ’n groot verskeiden­heid diere – van goggas tot elande. Hulle is atletiese katte wat dikwels hul prooi in bome optrek om dit teen aasvreters en ander roofdiere te beskerm.

Aasvreters is diere wat nie sal skroom om dooie diere te vreet nie. Hulle vreet aan diere wat vanweë natuurlike oorsake dood is of hulle vreet die karkasse skoon wanneer die roofdiere daarmee klaar is. Aasvoëls, jakkalse en hiënas is voorbeelde van aasvreters, maar selfs roofdiere, soos die leeu, sal ook aan aas vreet as hulle honger is.

PLANTVRETE­RS

Die roofdiere se prooi is gewoonlik vreedsame herbivore (plantvrete­rs) wat in troppe wei. Sommige plantvrete­rs kan wel ook gedugte teenstande­rs wees.

Buffels is kragtige diere wat tot die beesfamili­e behoort en in groot troppe van tot 450 in oop bosveld op growwe gras wei. Dié lid van die Groot Vyf het min vyan-

Kameelperd­kenners het in 2016 vasgestel kameelperd­e is nou kwesbaar vir uitwissing. Die verlies van hul habitat en onwettige jagtogte bedreig hulle. Hul bevolking het drasties afgeneem tot net 90 000. In die hele Afrika is nou vier keer soveel olifante as kameelperd­e.

de en kan tot 56 km/h hardloop. Buffels dwing selfs by leeus respek af. Gewoonlik sal roofdiere net die ou buffels of swak kalfies as prooi vang.

Olifante is sosiale diere en die koeie is in beheer. ’n Volwasse olifant eet tot 300 kg gras, bas, takke en blare op ’n dag. Olifantkoe­ie is tot 22 maande dragtig. Jong bulle verlaat die trop wanneer hulle tieners is, maar die ma-dogterband kan tot ’ n halfeeu duur. Hul grootte sorg daarvoor dat hulle ook min natuurlike vyande het, maar olifantkal­fies word soms deur leeus en krokodille gevang. Olifante kan nogal vinnig hardloop – tot 40 km/h. Dis selfs vinniger as wat ’n mens kan hardloop!

Renosters, die laaste lid van die Groot Vyf, word in witrenoste­rs en swartrenos­ters verdeel. Die witrenoste­r, ’n grasvreter, is groter as die swartrenos­ter, wat blare vreet, en laasgenoem­de is ook skaarser (kritiek bedreig). Die verskil tussen die twee soorte kan aan die bolip gesien word. Die witrenoste­r se lip is vierkantig en die swartrenos­ter s’n gepunt. Die mens is hul vyand. Stropers wat hulle vir hul horings skiet, is besig om dié diere finaal uit te wis. Die horings is gesog in die Ooste, waar dit vir twyfelagti­ge medisyne gebruik word.

DIEET

Danksy hul lang nekke kan kameelperd­e die blare hoog in bome eet waar ander plantvrete­rs nie kan bykom nie. Hul bene is ook tot 1,8 m lank om meer lengte te verskaf. Die kameelperd het boonop die langste tong van alle landsoogdi­ere. Dis pers-swart en tot 50 cm lank. Die tong is aangepas sodat die kameelperd nie seerkry wanneer hy doringtakk­ies met sy tong stroop nie.

NADEEL VAN SY LENGTE

As ’n kameelperd gaan lê, vou hy sy bene onder sy lyf in. Dis dan nogal ’n gesukkel om orent te kom, hoor! Die voorste bene word eers half uitgevou en die nek word na agter geswaai om die gewig van die voorste bene af te neem. Die nek word dan vorentoe geswaai om die gewig van die agterbene af te kry. Deur hierdie beweging te herhaal kan die kameelperd eindelik op die been kom. Omdat dit so ’n gesukkel is, slaap hulle gewoonlik sommerso staan-staan.

VOORTPLANT­ING

’n Kameelperd­koei is 457 dae lank dragtig, waarna ’n enkele kalfie gebore word. By geboorte is hulle so lank

soos ’n deursneeme­ns en weeg hulle ongeveer 100 kg. Net sowat die helfte van alle kameelperd­kalfies oorleef omdat leeus, hiënas en luiperds op hulle jag maak.

Ná vier of vyf jaar is jong kameelperd­e ook gereed om voort te plant. Hulle word sowat 20 tot 30 jaar oud.

GEDRAG

Kameelperd­e is taamlik sosiaal en kom elke nou en dan in troppe saam, maar hulle het nie groot troppe soos buffels nie. Die jonges bly saam met ’n paar koeie. Die bulle voer ’n meer nomadiese bestaan, maar beweeg ook tussen groepe koeie. Hulle sal oor koeie baklei deur mekaar met hul lang nekke te slaan en hul nekke om mekaar te vleg.

Kameelperd­e is egter meestal rustige diere. Jy kan gerus in ’n wildtuin gaan kyk hoe hierdie mooi diere in die natuur lyk.

 ??  ?? LEEU KAAPSE BUFFEL AFRIKA-OLIFANT WITRENOSTE­R LUIPERD
LEEU KAAPSE BUFFEL AFRIKA-OLIFANT WITRENOSTE­R LUIPERD
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa