Huisgenoot

Die sanger Chad Nolan NNolan droom groot ggroot

Dié talentvoll­e sanger skryf sy eie liedjies, sing opp internasio­nale verhoë en maakak genoeg tyd vir familie

- Deur TARRYN JOSEPHS

FAMILIEVAS

Dié boorling van Kuilsrivie­r is vinnig besig om opgang in die musiekwêre­ld te maak. Die sanger se jongste liedjie, Try, is onlangs uitgereik en volg op sy debuutsnit, Closer.

Maar al werk Chad (26) hard in die ateljee, ruim hy genoeg tyd in vir sy familie. Hy is sy ouers, Nolan en Jenny, se jongste spruit. Hy het twee ouer broers, Morné (33) en Ian (27).

Sy ouers het hom geleer om nooit tou op te gooi nie, sê hy. “Ek het ’n fantasties­e verhouding met my ouers. Hulle het my nog altyd ondersteun.”

DIEP SKRYWER

Chad is die skrywer van sy eie liedjies. Sy liedjie Closer gaan oor ’n paartjie wat eerder op mekaar moet fokus pleks van na ander mense se menings oor hul verhouding luister. “Wees net saam met jou geliefde, al dink ander mense wat.”

Met Try wil hy ’n ietwat ligter noot probeer en mense aan die dans kry. “Dit gaan oor daardie spesiale persoon in jou lewe en alles wat jy vir hom of haar sal doen,” vertel hy.

Hoewel hy sy eie snitte skryf, hou hy ook daarvan om liedjies van sangers soos Maroon 5, Adele en Bruno Mars te sing. “Ek wens soms ek het self van hul liedjies geskryf.”

GROOT DROME

Chad werk tans aan sy EP en hoop ook om eendag internasio­naal bekendheid te verwerf.

“Ek wil graag voor die ouderdom van 30 minstens drie albums uitreik.”

Hy wil ook saam met plaaslike sterre soos die musiekverv­aardiger Black Coffee en die sangeres Shekhinah werk. “Daar is so baie talent in Suid-Afrika.”

HOOGTEPUNT­E HO

Een van sy loopbaanho­ogtepunte punt was toe hy Closer oor die radio hoor hoor. “Dit was amper ampe onwerklik; ek wou al so lank my eie liedjie oor die d radio hoor, en toe dit eindelik gebeur, was dit ’n ongeloofli­ke o gevoel.” Chad het ook verlede jaar twee aande op die Al Ain-musiekfees in die Verenigde Arabiese Emirate in die Midde-Ooste opgetree. “Dit was ’n wonderlike ervaring en ek kan nie wag om weer daar te sing nie.” Nog ’n hoogtepunt was toe hy saam met die vervaardig­er Ebrahim Mallum, wat al met sangers soos Danny K en Chad Saaiman gewerk het, musiek maak. “Hy het albei my liedjies vervaardig.”

TEKEN EN FLIEKTYD

Nie net kan hy liedjies skryf en sing nie; hy het ook ’n geheime talent: teken. “Ek het nogal goed geteken toe ek jonger was, maar dit lank laas gedoen.” Hy geniet dit ook om tyd saam met familie en vriende deur te bring. “Ons kan flieks kyk of uitgaan; dit maak nie juis saak nie, solank ek saam met hulle is.”

 ??  ??
 ??  ?? ONDER: Chad by sy ma, Jenny ny, en twee ou ouer broers, M Morné (agter) en Ian.
ONDER: Chad by sy ma, Jenny ny, en twee ou ouer broers, M Morné (agter) en Ian.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa