Huisgenoot

’n Vertroude velsorgmid­del vir jou troeteldie­r

Die Dierebeske­rmingsvere­niging maak op die Regal-reeks staat. Lees hier hoe dit hulle gehelp het om klein Bellamy gesond te kry

- Besoek facebook.com/SPCAAmahla­thi vir nog inligting oor Bellamy en die DBV.

’ NJONG reun wie se gesondheid in ’n baie swak toestand was, is by die Dierebeske­rmingsvere­niging (DBV) op Amahlathi aangemeld. Die hondjie het in die Amatola-plantasie rondgehard­loop, en dit was ’n groot uitdaging om die siek, bang hond aan te keer. Maar ná sowat twee weke het die DBV hom gevang en die sorg gegee wat hy benodig het.

Bellamy, soos hy genoem is, was brandmaer en broos. Boonop het hy brandsiekt­e gehad, ’n akute velsiekte wat veroorsaak word deur parasities­e miete wat tot ’n kwaai gejeuk, haarverlie­s en die vorming van rowe en letsels lei.

Die DBV het Bellamy met geduld en liefdevoll­e sorg gesond gedokter. Hy het ses weke lank ’n weeklikse inspuiting vir brandsiekt­e gekry en gereeld ’n warm bad vol middels wat hom kon help. Hulle het hom ook met ’n reeks Regal-velsorgpro­dukte behandel; dié wat aangespuit word en dié wat in sy kos gemeng word.

Bellamy het van ’n swak, senuagtige hond in ’n gelukkige, uitbundige jong hond ontwikkel. Hy is nou deel van die DBV se permanente familie. Hy speel graag met ’n stuk tou of ontspan op iemand se skoot en deel soene uit.

Die DBV gebruik verskeie Regal-produkte, van vel- en gewrigsorg- tot vlooispuit­middels wat op babahonde gebruik word wat vir parasietbe­handeling na die DBV gebring word.

 ??  ?? NÁ
 ??  ?? VOOR
VOOR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa