Huisgenoot

OCTOPATH TRAVELER

- NOU BESKIKBAAR

NINTENDO SWITCH

Die 1990’s was ’n goue era vir Japannese rolspelspe­letjies, met reuse van die genre, soos Final Fantasy, wat die beste speletjies uitgereik het. Octopath keer na daardie gloriedae terug met mooi 2D-grafika en ’n beurtgegro­nde gevegstels­el wat diep is én maklik om te verstaan.

Maar Octopath herproduse­er nie net die voorkoms en gevoel van die ou rolspelspe­letjies nie; dit voer alles ’n stap verder. Die ouskoolse grafika word op vele filters getrakteer, wat die speletjie ’n helder en unieke voorkoms gee. Dit vertoon ook goed op die kleiner skerm wanneer jou Switch op draagbare modus gestel is.

Die pret hou nie daar op nie, want pleks van net een storie met een karakter gee Octopath jou agt unieke stories en karakters en die opsie om te begin met wie jy wil.

Hoe al dié stories ineenskake­l en hul onderskeie doelwitte maak Octopath se storie so spesiaal en vars.

Die geveg het ook ontwikkel met die bekendstel­ling van die hupstootst­elsel. Spelers word met ’n hupstootpu­nt beloon as hulle ’n normale aksie tydens hul gevegsbeur­t maak. Elke karakter kan tot vyf daarvan bêre en dit dan gebruik om homself tot vier keer te versterk in ’n latere aanval of towerspreu­k. Dit voeg ’n hele ekstra vlak van strategie by die geveg.

Daar is meer as 100 uur speeltyd met baie geheime, waarvan jy party eers ná 80 uur sien.

Nie net is Octopath ’n ode aan die groot Japannese speletjies van die verlede nie; dit staan nou op eie bene as ’n fantasties­e inskrywing.

’n Moet vir die Switch as rolspelspe­letjies jou ding is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa