Huisgenoot

CAPTAIN TOAD

- NOU BESKIKBAAR R

NINTENDO SWITCH, NINTENDO 3DS

Die Wii U was ’n wonderlike konsole, maar nie gewild nie, al het dit ’n paar goeie speletjies gehad. Captain Toad is een daarvan. En nou kan spelers wat nie die geleenthei­d gehad het om dié verslawend­e raaiselspe­letjie te beleef nie dit met die Nintendo Switch sowel as die 3DS speel.

Spelers moet Toad deur ’n vierkantig­e platform lei. Algaande versamel hulle munte en edelstene wat op allerhande maniere versteek is. Albei spelers moet skakels en platforms in sekere volgordes aktiveer om vyande te verslaan en seker te maak hulle deursoek elke area op elke vlak. Die vlakke is pret en maklik genoeg om op die eerste deurgang te voltooi.

Die ware uitdaging lê daarin om die vlakke te bemeester en die ontsluite uitdagings ná elke voltooide vlak te ontsyfer, maar dit is heeltemal opsioneel. Toad self is so oulik soos altyd en jy sal dadelik verlief raak op sy oulike kreet “reg vir avontuur” aan die begin van elke vlak. Die speletjie is kleurryk en grafies skerp, selfs op die 3DS.

Daar is ietwat van ’n Xfaktor aan die pret in Treasure Tracker waarop ons nie heeltemal ons vinger kan lê nie. Dis heel waarskynli­k die Nintendo-toorkrag wat net húlle weet hoe om te gebruik, maar dit is onteensegl­ik: Dié speletjie is onontbeerl­ik vir spelers wat hou van interessan­te raaiselspe­letjies met diepte of net oulike sampioenme­nsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa