Huisgenoot

DIE BELANGRIKH­EID VAN VERSEKERIN­G

Standard Versekerin­g Beperk bied jou beskerming vir wanneer jy dit nodig het – teen ’n sakpas prys

-

DIE waarde van versekerin­g word dikwels eers besef wanneer dit te laat is. Met so baie risikofakt­ore is dit belangrik om jouself en jou gesin – en die besittings waarvoor jy so hard gewerk het om aan te skaf – te beskerm. Versekerin­g sorg dat jy en jou bates in geval van ongelukke, diefstal en natuurramp­e gedek is.

Wanneer jy versekerin­g koop, verplaas jy die koste van ’n potensiële verlies na die versekerin­gsmaatskap­py in ruil vir ’n fooi wat as die premie bekendstaa­n. Jou premies word op die dekking wat jy kies en jou risikoprof­iel gegrond.

Daar is baie opsies beskikbaar. Pleks van dekking kanselleer of kies om daarsonder klaar te kom, probeer eerder die beste – en doeltreffe­ndste – versekerin­g vir jou kies.

Hoekom versekerin­g belangrik is

Omdat risiko, en die lewe, altyd gebeur, is dit belangrik om jouself te beskerm.

Om vooruit te dink en vir die moontlikhe­id van risiko te beplan gee jou gemoedsrus en sal ’n baie welkome helpende hand wees wanneer jy dit die nodigste het.

Of jy in ’n ongeluk is of beroof word en of jou geiser bars, om versekerin­g te hê bring gemoedsrus sou enige hiervan met jou gebeur. Bestuur die risikofakt­ore deur ’n klein bedrag te betaal wat jy nie noodwendig sal voel nie, maar ’n groot impak maak as die gevreesde ontwrigten­de voorval plaasvind.

Om versekerin­g te hê werk beter uit as om die geld te moet gaan soek om vir die verlies, skade of herkoop van bates te betaal. Op die ou end gee dit jou gemoedsrus en verseker die bestendigh­eid en veiligheid van jou gesin. Standard Versekerin­g Beperk is deel van die Standard Bank Groep.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa