Huisgenoot

‘WAT IS ONS?’ WIL SY WEET

-

Ek gaan al ses maande met ’n ouer man uit wat nie baie liefdevol is nie. Ek weet nie waar ek met hom staan nie. Ons is goeie vriende, ons families kom oor die weg en ons het gemeenskap­like vriende.

Ek is te bang om te vra: “Wat is ons?” Want dan kan dit klink asof ek hom in ’n blik wil druk. Is dit verkeerd? Mag ’n mens vra? En wanneer? Ek is nie een vir goedkoop, los verhouding­s nie. LA op JW Elke verhouding­smaat het sekere verwagting­s en standaarde. As joune drasties van jou maat s’n verskil, kan ’n openhartig­e gesprek misverstan­de uit die weg ruim. Maar as jy skugter is, sal jy steeds nie die onderwerp wil aanroer nie.

Hoe langer ’n mens wag, hoe moeiliker word dit om verhouding­sgrense vas te stel. Maar ’n mens kan nie vir ewig met die stres van ’n raai-raai-speletjie saamleef nie.

As jy hom nie reguit wil vra waar jy met hom staan nie, kan jy dalk vir hom sê ander mense vra jou of julle ’n paartjie is en jy weet nie wat om te sê nie.

Is sy reaksie nie wat jy wil hoor nie, moet jy eerder ’n debat vermy. Jy hoef nie te bedel vir iets wat hy nie wil gee nie. Liefde het geen hefboom waarmee jy iemand kan dwing om jou lief te hê nie.

As hy nie teenoor ander ’n verbinteni­s met jou wil erken nie, jou nie met respek behandel nie, nie vir jou tyd maak en daar nie juis vonke in jul omhelsings is nie, los maar die vraag. Wag dan liewer vir die dag dat iemand anders aan jou daardie vraag sal stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa