Huisgenoot

DIE AVBOB POËSIEPROJ­EK

‘N HULDEBLYK AAN DIE DIGTERS – EN MENSE – VAN SUID-AFRIKA

-

gepublisee­r word. ‘n Kontantpry­s van R10 000, plus ‘n boekprys van R2 500, is toegeken aan die topgedig in elke taalkatego­rie tydens ‘n glansgelee­ntheid in Junie 2018. ‘n Gedrukte bloemlesin­g bestaande uit 100 gedigte is saamgestel uit die webwerfins­krywings, insluitend gedigte wat Suid-Afrika se topdigters in opdrag van AVBOB geskryf het. Die 100ste gedig is in die Khoisan-taal, N|uu, in die woorde van Ouma Katriena Esau – een van die laaste vier oorlewende sprekers van hierdie dialek. Die inspirasie vir die AVBOB Poësiekomp­etisie het gespruit uit mense se onvermoë om hul emosies rondom die verlies van ‘n geliefde te verwoord. Een van roubeklaer­s se eerste versoeke aan AVBOB is trouens vir hulp met die skryf van ‘n begrafnisb­rief. Poësie bied die volmaakte manier om verlies uit te druk, en die Poësiekomp­etisie is nóg ‘n bewys van AVBOB se toewyding aan alle Suid-Afrikaners. AVBOB was nog altyd standvasti­g en terselfder­tyd visionêr. Ons staan by ons beginsels en beloftes, maar ons staan nie stil nie. Ons hou tred met die tyd – soveel so dat ons allerweë beskou word as ‘n model vir transforma­sie. In 2017 het AVBOB verskeie toekenning­s in die Ask Africa Icon Brands, Kasi Brands en Sunday Times Top Brands Awards ingepalm, en ook ons SuidAfrika­anse sertifiser­ing as Top Employer van die globale Top Employers Institute ontvang. AVBOB is ook deur die publikasie Impumelelo Top Empowermen­t as een van Suid-Afrika se topgetrans­formeerde ondernemin­gs aangewys en as ‘n Vlak 2 SEBbydraer gesertifis­eer. Hierdie toekenning­s is nóg ‘n sprekende bewys van AVBOB se volgehoue strewe na transforma­sie en uitmuntend­e gehalte op elke vlak.

 ??  ?? AVBOB is sedert 2013 ‘n trotse borg van die Mzansi Youth Choir. Mnr. Rademan oorhandig 'n biblioteek aan Saturnus Laerskool in Oudtshoorn in 2015.
AVBOB is sedert 2013 ‘n trotse borg van die Mzansi Youth Choir. Mnr. Rademan oorhandig 'n biblioteek aan Saturnus Laerskool in Oudtshoorn in 2015.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa