Huisgenoot

DIE LANG MAN SONDER SKADUWEE – DIE KAROO SE GRONDPAD NA GENESING

-

Deur Antoinette Pienaar (Umuzi, R199*)

“By boekeskool het ek dom gevoel, maar in die veld het ek so slim gevoel. So het ek die eerste tien jaar van my vakleerlin­gskap ver weggebly van boeke af wat my iets van kruie kon leer. Ek het my toegewy om by oom Johannes te leer van Karookruie, uit die veld uit. Dit bly steeds vir my kosbaar dat hy my leer met die oorvertel en die wys, want hierdie orale tradisie gaan ver, ver terug in die Griekwa-tradisie en dit resoneer diep in my.”

Dit is die aktrise Antoinette Pienaar se tweede boek oor haar leerskool op Theefontei­n buite Beaufort-Wes by Johannes Willemse, wat nou al in sy 90’s is. Dis harde Karoowêrel­d wat jou aan sy hitte en koue uitlewer, maar ook sy genadige reën. Sy skryf oor hoe hulle hul dorpsbesoe­ke moet skuif tot die modder droër word. “Dis ’n groot voorreg vir ’n Karoomens om agter ’n rivier bulderende bruin water te moet sit en wag tot die water sak.”

So vertel sy van ’n keer toe die reën hulle onkant betrap het op die dorp en hulle toe nie gewag het dat die water bedaar nie. Op pad het oom Johannes haar aandag afgelei met stories oor wegspoelin­gs tot hulle by die Soutrivier gekom het wat “so sterk oor die pad loop dat hy skuimbolle teen die bosse maak. Anderkant die rivier sien ek twee Land Cruisers staan. Ek is so meegevoer deur die storie dat ek so dapper voel dat ek in my kortsigtig­e droomverlo­renheid dink hulle is seker maar ordentlik, hulle wag dat ek eerste deurgaan.”

So stuur sy Dapper, haar ou dieselbakk­ie, se neus die waters in met oom Johannes wat sê dié kant toe, daai kant toe, en Antoinette wat voel of haar neusvleuel­s by die ruit uitsteek soos die bang haar beetpak. Toe hulle eindelik anderkant uitkom, sit die mense in die Land Cruisers met oë so groot soos pierings. Sy draai haar ruit af en sê: “Is hierdie reën nie fantasties nie?”, ry tot oor ’n bultjie waar hulle haar nie kan sien nie, skakel Dapper af en huil hard.

Die inligting wat Antoinette oor kruie en plante gee, is waardevol, maar wat die boek vir my so besonders maak, is die sensitiewe manier waarop sy die natuur om haar beskryf – die berge, maan, wolke, son . . .

Die Karoo raak soos ’n gedig wat jou meesleur. * BESKIKBAAR TEEN DIÉ PRYSE BY TAKEALOT.COM. DIE PRYSE WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa