Huisgenoot

VAARWEL, MY VRIEND

-

DIS ’n oomblik wat elke diereliefh­ebber vrees: die dag dat hul geliefde troeteldie­r doodgaan. Maar die dood is ’n werklikhei­d wat troeteldie­reienaars in die een of ander stadium moet trotseer. Dit verg moeilike besluite wat dadelik geneem moet word, al is jy hartseer.

Die eerste prioriteit is om jou troeteldie­r se oorskot te hanteer. Jou plaaslike veearts sal jou kan raad gee, of jy kan ’n troeteldie­rverassing­sondernemi­ng in jou gebied kontak. Dié ondernemin­gs bied gewoonlik ook ’n tuisafhaal­diens.

VERASSING

Dit is die algemeenst­e en praktiesst­e oplossing. Daar is twee soorte. Individuel­e verassing met die teruggee van as

In dié geval word die dier individuee­l veras en sy as in ’n spesiale kissie, kruik of glasfles aan die eienaar terugbesor­g. Die prys wissel van R500 tot R2 000 na gelang van die gewig van die troeteldie­r en of hy afgehaal moet word, sê Karin Mathews, bestuurder van R.I.Pets, ’n troeteldie­rkrematori­umdiens in die Wes-Kaap.

“Ná ’n individuel­e verassing maak ons seker ons kliënte kry ’n sertifikaa­t wat die verassings­datum en egtheid van die troeteldie­r se as bevestig om enige twyfel te verlig,” sê sy, en voeg by enige troeteldie­r kan veras word. “Ons het al honde, katte, voëls, rotte, slange, varkies en selfs ’n paar vlakvarke gehad.” Standaard- of gemeenskap­like verassing

Dié diens word gebied aan eienaars wat nie die oorskot van hul troeteldie­re wil hou nie. Dit behels dat ’n aantal troeteldie­re terselfder­tyd veras word en kos sowat R450 per troeteldie­r.

WAT VAN BEGRAWE?

Terwyl party mense dalk hul geliefde troeteldie­re by die huis wil begrawe, is dit eintlik nie wettig nie. “Daar is verordenin­gs wat die begrawe van diere in stedelike gebiede verbied weens higiënekwe­ssies en besmetting,” sê Jessica Midlane van Legacy Pet Crematoriu­m in Johannesbu­rg.

“Die dier word byvoorbeel­d dalk nie diep genoeg begrawe nie, of ander diere kan dit opgrawe. Dit kan ook ’n nabygeleë waterbron besmet, veral as die genadedood­smiddel in die liggaam teenwoordi­g is.”

Party stede het troeteldie­rbegraafpl­ase, maar dit word bestuur volgens streng regulasies wat plaaslike owerhede instel. “Ons het ’n troeteldie­rbegraafpl­aas waar die as begrawe mag word, asook ’n gedenkmuur waar as saam met jou troeteldie­r se gunsteling­speelding of

’n foto gehou kan word,” sê Jessica.

VERWERKING VAN VERDRIET

Die verlies van ’ n gekoesterd­e troeteldie­r kan jou verslae en hartseer laat voel. Baie verassings­ondernemin­gs bied berading om jou die dood te help hanteer. Dit is ook belangrik om daarop te let dat jy jou ander troeteldie­re se normale roetine moet handhaaf, want hulle kan ook beangs en verward oor die verlies van hul maat voel.

 ??  ?? Saamgestel deur NICI DE WET
Saamgestel deur NICI DE WET

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa