Huisgenoot

HIER KOM DIE BRUID (WEER) . . .

Dié identiese tweelinge het gelyk met mekaar getrou en beplan ook ’n toekoms saam!

-

DIE blonde bruid in haar skouerlose meerminsty­lskepping loop tot by die kansel, waar haar bruidegom in sy swart pak staan en wag. Sy neem haar plek langs hom in om trou aan mekaar te beloof. Maar wag ’n bietjie – ’n geruis laat die gaste nog ’n slag omkyk voor die seremonie kan begin. En hulle sien die einste vrou in presies dieselfde trourok weer die paadjie afloop na haar bruidegom, wat haar op sy beurt in dieselfde swart pak inwag.

Sien die gaste dubbel of het hulle al voor die troue te veel vonkelwyn gedrink? Nee, dis die dubbele bruilof van identiese tweelingsu­sters wat verlede maand met identiese tweelingbr­oers in Ohio, Amerika, afgehaak het.

Die 32-jarige Brittany en Briana Deane se dogtertjie­droom om eendag met tweelingbr­oers te trou het op 4 Augustus vanjaar waar geword toe hulle saam met die identiese tweeling Josh en Jeremy Salyers (34) voor die kansel staan.

Al was dit altyd hul droom, het die susters gedink dit sou seker nooit ’n werklikhei­d word nie. “Ons het geweet die kans is bitter skraal,” vertel Brittany aan die Amerikaans­e tydskrif People. “Ek trou met my droomman en terselfder­tyd kyk ek langs my en sien my tweelingsu­ster trou met hare.”

DIE twee identiese susters van Virginië het die twee identiese broers verlede jaar ontmoet op die jaarlikse Twins Days-fees in Twinsburg, Ohio. Dié fees is volgens sy webtuiste die “grootste jaarlikse byeenkoms van tweelinge in die wêreld”.

Die susters woon dit al sedert 2011 elke jaar by, maar vir die broers was dit ’n ee eerste keer toe hulle in 2017 daar op opdaag. “Toe ons eindelik daar ko kom, het dit beter verloop as wat on ons verwag het,” sê Josh, wat nou m met Brittany getroud is.

Die susters het die broers reeds op die eerste dag van die fees, 4 Augustus, raakgesien. “Ons het o op die paviljoen gesit en hierdie tw twee ongeloofli­k aantreklik­e jong m mans gesien,” onthou Brittany die o oomblik.

Die twee broers het oor die saal s se vloer gestap toe die twee sust ters mekaar aan die polse gryp, s soos hulle altyd doen wanneer h hulle opgewonde is.

“Hulle was pragtig,” sê Briana. Maar di die volgende twee dae het hulle niks meer gedoen as om mekaar se polse vas te hou en na hul asem te snak nie. Eers op ’n partytjie op die laaste aand van die fees het die susters en broers vir mekaar begin ogies maak. En dit was laat in die aand toe hulle eindelik begin gesels, berig ABC News.

Dae later het die broers die susters op Facebook laat weet hulle kan skaars wag vir die volgende fees in 2018, maar Brittany en Briana wou dadelik weet: “Hoekom sal ons wag?”

Josh en Jeremy, wat toe byna 600 km

daarvandaa­n in Tennessee gewoon het, het nie gras onder hul voete laat groei nie en die susters saam uitgevra.

Die twee tweelinge se eerste afspraak was, ewe gepas, in die Twin Lakes-park in Virginië naby die susters se tuiste.

Daarna was daar geen keer aan die dubbele liefde nie. Sewe maande later, nogal op 2 Februarie, die tweede dag van die tweede maand, het die twee Salyerse die Deane-susters die jawoord gevra. Dié romantiese gebeurteni­s was boonop op dieselfde plek as hul eerste uitstappie saam, die boomryke Twin Lakes.

Die broers het die verlowing haarfyn beplan. Hulle het Brittany en Briana vooraf gevra om in eenderse blou rokke op te daag vir ’n filmspan wat aan ’n advertensi­eveldtog oor tweelinge werk. Josh en Jeremy sou eenderse swart aandpakke dra. Toe die regisseur ná hul aankoms “aksie” uitroep, het die twee broers soos een man gekniel en die blondekopp­e gevra om te trou.

“Natuurlik was dit ’n maklike vraag,” lag Brittany daaroor dat hulle onmiddelli­k gelyk die jawoord gegee het, sommer net daar voor die kameras. “Hulle het ons goed uitgevang.”

Die filmspan was eintlik besig met ’n TV-reeks, Twins Marry Twins, en die identiese Deane-Salyer-egpare se verlowing asook hul troue word aanstaande jaar op die TV-kanaal TLC uitgesaai.

Hul bruilof was by die einste jaarlikse Twins Days-fees waar hulle mekaar net mooi ’n jaar tevore ontmoet het. En vir die broers en susters was dit ’n geval van “welgedaan, doelwit bereik”, want hul soektog na tweelingle­wensmaats was grootliks die rede waarom al vier na die fees toe is.

Briana vertel sy en Brittany beskou hulself as “twee helftes van ’n hele”. Omdat hulle altyd graag met ’n ander tweeling wou trou, het hulle sedert 2011 elke jaar by die Twins Days-fees na die prinse van hul drome gaan soek.

“Dit is so ’n betowerend­e geleenthei­d,” sê Brittany. Sy sê die tweelingbr­oers sou ook nie getrou het as hulle nie tweelingsu­sters kon kry nie. “Dit is moeilik om met iemand uit te gaan wat nie die tweelingba­nd verstaan nie.”

Nadat Jeremy en Josh van die tweelingfe­es gehoor het, is hulle ook daarheen in die hoop om hul identiese lewensmaat­s te ontmoet. “Ons was gelukkig om hulle met die eerste probeersla­g te kry. Ons het ons tweeling gevind en van toe af voel die lewe soos een groot droom,” sê Josh.

Die bruilofbep­lanning was maklik. “Dit was groot pret en selfs vreedsaam, want ek en Brittany het dieselfde smaak en ons werk goed saam,” vertel Briana. “Dit was net moeilik om die reëlings oor so ’n groot afstand te tref,” sê sy oor die 700 km tussen Twinsburg en Virginië. En die tema van die dubbele sprokiestr­oue? “Twice upon a Time.”

DIE identiese tweelingpa­artjies, wat nou in Maryland woon, wil saam daar huis koop en hul kinders saam grootmaak as een groot, gelukkige gesin. “Wanneer ek en Josh kinders kry, sal hulle genetiese susters en broers van Briana en Jeremy se kinders wees,” sê Brittany. “Al is hulle neefs of niggies, sal hulle tegnies genetiese sibbes wees.

“Ons beskou dit as twee ma’s en twee pa’s wat saam ons gesin sal grootmaak.”

Teoreties gesproke verwag ’n mens die onderskeie egpare se kinders sal gene- ties soortgelyk as volle broers en susters aan mekaar wees, sê Laura Almasy, ’n professor in genetika aan die Universite­it van Pennsilvan­ië. Broers en susters wat van dieselfde stel ouers gebore is, deel die helfte van die gene met mekaar.

“Die verwagting is dat die egpare se kinders almal die helfte van dieselfde DNS sal deel, net soos volle broers en susters, maar net soos met tipiese broers en susters kan ’n spesifieke paar individue minder of meer van daardie gene gemeen hê,” sê sy.

Selfs identieset­weelingoue­rs kan nie heeltemal identiese DNS hê nie. “Daar kan klein verskille in hul gene wees wat in die baarmoeder of as gevolg van omgewingsf­aktore in die loop van hul lewe ontstaan het. Dié klein verskille kan bepaal hoe soortgelyk die babas aan mekaar sal wees,” sê Laura.

“Ek en Jeremy voel altyd geseën om mekaar te hê,” sê Josh oor die dubbele vreugde wat hulle getref het, “en nou het ons nog twee mense wat nes ons is, maar hulle het hul eie bydrae gemaak wat ons nie kon byvoeg nie. Saam kan ons enigiets bereik.”

 ??  ?? Saamgestel deur COLIN HENDRICKS
Saamgestel deur COLIN HENDRICKS
 ??  ?? HOOFFOTO: (Van links) Brittany en Josh en Briana en Jeremy Salyers het by vanjaar se Twins Days-fees in Ohio getrou. BO: Jeremy en Josh het saam-saam die jawoord gevra.
HOOFFOTO: (Van links) Brittany en Josh en Briana en Jeremy Salyers het by vanjaar se Twins Days-fees in Ohio getrou. BO: Jeremy en Josh het saam-saam die jawoord gevra.
 ??  ?? Die gelukkig getroude tweelinge gaan saam in dieselfde huis woon en hul gesinne saam grootmaak.
Die gelukkig getroude tweelinge gaan saam in dieselfde huis woon en hul gesinne saam grootmaak.
 ??  ?? LINKS: Die stelle tweelinge het selfs dieselfde uitrusting­s gedra toe hulle hul trousertif­ikate onderteken. NAASLINKS: Die vier se tema vir hul troue, wat vir die bruide soos ’n droom was wat waar geword het, was Twice upon a Time.
LINKS: Die stelle tweelinge het selfs dieselfde uitrusting­s gedra toe hulle hul trousertif­ikate onderteken. NAASLINKS: Die vier se tema vir hul troue, wat vir die bruide soos ’n droom was wat waar geword het, was Twice upon a Time.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa