Huisgenoot

Verlate dorpswemba­ddens geskilder

Die skilder Willem Pretorius vang die ‘magiese skoonheid’ van verwaarloo­sde openbare swembadden­s op doek vas

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

EENS het mense hier op lowergroen grasperke piekniek gehou, hulle in die son uitgestrek en in die koel water van die dorpswemba­d baljaar. Maar vandag lyk die leë swembad soos ’ n oop wond in die aarde en bossies groei geil waar blou water eens teen die wande geklots het. Net die murasies van ’n kantoortji­e wys dit was eens ’n plek waar gesinne vergader het.

Vir sommige mense is dit ’n hartseer storie van verval wanneer hulle op reis deur die platteland iewers op die oorblyfsel­s van ’n openbare swembad afkom.

Maar nie vir Willem Pretorius, ’n landskapsk­ilder van Rosendal in die Oos- Vrystaat, nie. Met sy kunstenaar­soog sien hy dit in ’n ander lig.

“Dit het ’n magiese skoonheid wanneer jy sien hoe die natuur dié mensgemaak­te strukture stelselmat­ig oorneem en vernietig,” sê hy. “Dit herinner ons ook aan ons eie sterflikhe­id. “Niks in die lewe is vir ewig nie.” Dit het Willem geïnspiree­r om die afgelope 12 maande foto’s te neem van verwaarloo­sde swembadden­s landwyd wanneer hy en sy gesin die langpad vat.

Die foto’s was net die begin van ’n skeppende proses wat reeds daarop uitgeloop het dat hy al 30 van dié swembadden­s op skilderdoe­ke verewig het.

Die skilderyre­eks Abandoned/ Municipal Pools word op Willem (42) se Facebook-blad uitgestal, en van die skilderye is ook tans as deel van sy solouitsta­lling Revision/Hersiening in die Tina Skukan-galery in Pretoria te sien.

Maar nooit sal jy hom met sy esel, kwas en palet langs een van daardie verlate swembadden­s aantref nie.

Hy skilder nooit buite op die toneel nie, sê Willem, “want die insekte wat in my verf val, irriteer my grensloos.”

NADAT hy 12 jaar gelede besluit het om voltyds kunstenaar te word, het Willem bekend geword vir sy realisties­e platteland­se tonele wat hy met olieverf op doek vasvang. Dit is juis dié tonele wat sy kunstenaar­siel roer; Willem is immers self ’n seun van die platteland.

Hy het in die laat 1980’s en vroeë 1990’s op die Noordwes-dorpie Stella grootgewor­d. Die skool daar het nie kuns-

klasse aangebied nie, maar onderwyser­s het toe reeds sy ontluikend­e talent raakgesien.

Willem onthou hoe hy in daardie tyd onder meer plakkate vir skool- en kerkbyeenk­omste moes teken. Tog het hy nooit kon droom dat hy eendag een van Suid- Afrika se bekendste landskapsk­ilders sou word nie.

“My mindset daardie tyd was geensins om ’n kunstenaar te word nie,” vertel hy. “Dit was glad nie deel van my werklikhei­d nie.”

Nadat hy in 1995 gematrikul­eer het, het Willem twee jaar lank weermagdie­ns by die pantsereen­heid in Bloemfonte­in gedoen.

Daarna het hy drie jaar grafiese ontwerp aan die destydse Pretoria Technikon studeer.

Om sy studieleni­ng terug te betaal, is hy Londen toe, waar hy administra­tiewe werk by ’n sekuriteit­sfirma gedoen het.

Daar het hy ’n meisie uit Pretoria raakgeloop wat in die Britse hoofstad as bloemis gewerk het.

Gou was hy en Linda ’n paartjie en in 2002 het hulle op Lindley in die OosVrystaa­t getrou, waar haar ouers grootgewor­d het.

Met die gesin se terugkeer na SuidAfrika in 2006 het hulle by Linda se familie in die Oos-Vrystaat gekuier toe sy vir Willem die skilderagt­ige dorpie Rosendal gaan wys.

“Dit was die eerste keer dat ek die plek sien, maar ek het onmiddelli­k my hart verloor op die klein dorpie, die rustige stemming en natuurskoo­n,” onthou Willem.

Hulle het in dieselfde jaar nog daarheen getrek, en Willem het hier met sy loopbaan as voltydse skilder begin. “Kyk, dié plek is dalk nie enige ou se

cup of tea nie, maar hier is vryheid en die natuur net buite my venster,” sê hy.

Linda (40) is ’n tuisblyma vir hul agt kinders, wat ook tuisonderr­ig by haar ontvang. Die oudste is 15 jaar en die jongste een jaar oud.

Wanneer die Pretorius-gesin in hul Volkswagen-kombi klim en die land platry, is Willem se kamera altyd naby.

“En wanneer ek op ’n plek, gebou of struktuur langs die pad of iewers op ’n dorp afkom wat my emosioneel raak, neem ek foto’s.

“Terug by die huis sal ek deur die foto’s werk voor ek besluit wat geskilder gaan word,” verduideli­k hy sy werkmetode.

“Staan ek op so ’ n plek, wonder ek altyd: Wie het eens hier gewoon of gewerk? Watter gebeure het lank gelede hier afgespeel?

“Verbygange­rs sal dalk nie eens die ou struktuur opmerk nie, maar agter elke bouval is ’n storie.

“Dit verleen ’n vorm van misterie aan my skilderye.

“Elke skildery is bloot ’n toneel of plek waarop ek toevallig afgekom het; ek dokumentee­r dit eintlik net.”

Dit is teen dié agtergrond dat hy verlede jaar besluit het om vir ’n nuwe reeks skilderye op vervalle swembadden­s te fokus.

“Dit is maar my manier om hulde te bring aan die plekke wat ek teëgekom het. Soort van ’n visuele dagboek,” verduideli­k hy.

Hy het ook gou agtergekom ’n dagboek soos dié wek verskillen­de emosies by verskillen­de mense.

“Vir sommige mense is my skilderye nostalgies; ander ervaar weer woede oor die verval,” sê hy.

Willem sê hy wil nie aan ander voorskryf “wat hulle moet voel” wanneer hulle na sy werk kyk nie.

“Ek lewer nie kommentaar nie; ek skilder net die werklikhei­d. Sommige mense wil selfs my werk politiseer, maar ek stap daarvan weg.”

Hy was in 2013, ’15 en ’ 17 een van die 40-finaliste vir die gesogte Sanlamport­retpryse.

Die William Humphreys-kunsgalery in Kimberley het van Willem se landskapsk­ilderye gekoop vir hul permanente uitstallin­g en hy het vandag wêreldwyd kliënte.

Op sy Instagram-rekening beskryf Linda haar kunstenaar­man as “painter/ platteland­er/pappa”. En, sê Willem, dit is eintlik al wat hy wil wees.

‘Dit herinner ons ook aan ons eie sterflikhe­id. Niks is vir ewig nie’

Willem Pretorius se uitstallin­g getiteld Revision/Hersiening is nog tot 19 September in die Tina Skukangale­ry in Pretoria te sien.

 ??  ?? HOOFFOTO en REGS: Willem Pretorius het 30 vervalle swembadden­s op doek vasgelê.
HOOFFOTO en REGS: Willem Pretorius het 30 vervalle swembadden­s op doek vasgelê.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? So lyk die vervalle swembadden­s vandag op Parys (LINKS) en De Aar (NAASLINKS). Vir sommige mense is sy skilderye nostalgies, maar ander ervaar woede oor die verval van die platteland, sê Willem. “Ek lewer nie kommentaar nie; ek skilder net die werklikhei­d. Sommige mense wil selfs my werk politiseer, maar ek stap daarvan weg.”
So lyk die vervalle swembadden­s vandag op Parys (LINKS) en De Aar (NAASLINKS). Vir sommige mense is sy skilderye nostalgies, maar ander ervaar woede oor die verval van die platteland, sê Willem. “Ek lewer nie kommentaar nie; ek skilder net die werklikhei­d. Sommige mense wil selfs my werk politiseer, maar ek stap daarvan weg.”
 ??  ?? VAN HEEL LINKS: Verlate swembadden­s op Springfont­ein, Darling, Gariepdam en Richmond. Wanneer Willem op ’n plek of struktuur langs die pad afkom wat hom emosioneel raak, neem hy foto’s en by die huis besluit hy of hy dit gaan skilder. Dis sy manier om hulde te bring aan plekke wat hy teëgekom het.
VAN HEEL LINKS: Verlate swembadden­s op Springfont­ein, Darling, Gariepdam en Richmond. Wanneer Willem op ’n plek of struktuur langs die pad afkom wat hom emosioneel raak, neem hy foto’s en by die huis besluit hy of hy dit gaan skilder. Dis sy manier om hulde te bring aan plekke wat hy teëgekom het.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa