Huisgenoot

Jo vertel oor operasie wat sy stem kan eis

Weens die verskrikli­ke pyn van ’n nekbeserin­g wat sy arm verlam, moet Jo Black sy grootste vrees konfrontee­r

- Deur CYRIL BLACKBURN Foto’s: MARTIN DE KOCK

OM TE dink alles waarvoor hy so hard en so lank gewerk het, kan oornag van hom gestroop word. Dis vreesaanja­end, erken een van die gewildste sangers in die land. Vir ’n oomblik verdwyn daardie bekende groot glimlag agter Jo Black se kenmerkend­e baard. Sy donker oë, gewoonlik vonkelend, lyk troebel.

“Ek wil doodeerlik wees vandag: Ek is vrekbang,” erken die sanger van die treffer Skepe.

Hy vou sy regterarm, die ene tatoes, beskermend oor sy linkerarm. Dié is in ’n blou hangverban­d toegewikke­l.

Voorheen kon hy ure aaneen towernote uit sy kitaar tokkel, maar nou is sy linkerarm swak en byna lam. Hy kan dit skaars beweeg.

Om sy arm te red, sal ’n nekoperasi­e uitgevoer moet word wat die sanger se kosbaarste instrument kan beskadig: sy stembande.

Die sanger is deesdae permanent in pyn en drink elke dag “hande vol” pynpille om die onhoudbare seer in sy nek te verdoof, maar dis die vrees oor die skade wat ’n operasie aan sy stembande kan aanrig wat die moeilikste is om te verwerk.

Hy bal sy vuis en druk dit teen sy mond om teen die trane te stoei. Dan erken hy: “Ek lê aande aaneen en smeek by die Here dat die operasie nie die einde moet wees nie. Dit kán nie, dit mág nie wees nie.”

Want dit is byna ondenkbaar dat die noodlot hom so sou oorval net toe sy goue jare in die bedryf aanbreek.

JO SE suksesverh­aal is soos ’n sprokie waarin ’n goeie fee op ’n dag ’n towerstaf geswaai en sy grootste drome waar gemaak het. Hy het lank as die eienaar van ’n Pretoriase boumaatska­ppy sy brood en botter verdien, maar altyd op ’n deurbraak in die musiekbedr­yf gehoop.

Vyftien jaar lank het hy op dié geleenthei­d gewag en soms ’n sukkelbest­aan gevoer. En toe, eensklaps, word die bebaarde bouer vol tatoes Suid-Afrika se nuutste sangsensas­ie nadat ’n talentsoek­er van die liedjieskr­ywer Johan Vorster se platemaats­kappy, Inhoud Huis, hom in ’n kroeg in Pretoria hoor sing het.

Skielik was Jo Black, sy verhoognaa­m, op almal se lippe. Sy debuutalbu­m,

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Jo Black moet ’n nekoperasi­e ondergaan nadat twee van sy nekwerwels gedisinteg­reer het, maar dit kan sy stembande beskadig.
HOOFFOTO: Jo Black moet ’n nekoperasi­e ondergaan nadat twee van sy nekwerwels gedisinteg­reer het, maar dit kan sy stembande beskadig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa