Huisgenoot

OUDSTER OOR SYWERK VERNEDER

-

GEOFFREY OWENS is nou nie juis ’n bekende naam nie, maar hy het onlangs die hoofopskri­fte gehaal vir iets heel gewoons: ’n eerlike daaglikse werk.

Die Amerikaans­e nuuswebtui­ste Fox News het onlangs ’n artikel geplaas wat baie mense as neerhalend beskou het teenoor Geoffrey (57), wat van 1985 tot 1992 die rol van Elvin Tibideaux, die man van Sondra Huxtable, in The Cosby Show gespeel het.

Dit kom nadat foto’s onlangs aanlyn versprei is van Geoffrey as kassier by Trader Joe’s, ’n supermark in New Jersey.

Maar baie van Geoffrey se tydgenote, onder andere die akteurs Terry Crews (50), James Woods (71) en Nate Richert (40) van Sabrina the Teenage Witch-faam , het sy werketiek geloof. Die regisseur van Madea’s Family Reunion, Tyler Perry (48), het selfs vir hom ’n pos aangebied.

Geoffrey het later op Good Morning America trots sy Trader Joe’s-naamplaatj­ie gedra al het hy intussen bedank oor al die aandag.

“Ek het langer as 30 jaar klas gegee, toneelgesp­eel en regie behartig, maar ’n punt bereik waar die somme net nie wou klop nie. En jy moet dan maar doen wat nodig is,” het Geoffrey verduideli­k.

Volgens TMZ het die akteur Tyler se aanbod van ’n hoofrol in 10 episodes van die Oprah Winfrey Network-program The Haves and the Have Nots aanvaar. Geoffrey is in sy skik met die gelukkige einde.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Bill Cosby en Geoffreyin The Cosby Show
Bill Cosby en Geoffreyin The Cosby Show

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa