Huisgenoot

Baba verander “SuzelleDIY” se lewe

Julia, die vrou agter SuzelleDIY, vertel hoe mawees haar lewe verander het

- Deur MARELIZE POTGIETER Foto’s: MISHA JORDAAN

SY SKRIK vir niks; geen taak intimideer haar nie. Ietsie wat gou reggeruk moet word, ’n dingetjie wat gemaak moet word? Die flambojant­e Suzelle van selfdoenfa­am trek haar boor en hamer nader en fieks dit sommer gou. Met daardie bolla en blom op die kop “DIY” sy in en om die huis en maak op haar SuzelleDIY-kanaal op YouTube kinderspel­etjies van take wat selfs ’n ervare nutsman hoofpyn sou gee. En dít terwyl sy haar duisende aanhangers laat dubbelvou van die lag.

Maar hoe dan wanneer sy skielik te doen kry met ’n bondeltjie behoeftes van ’n heel ander soort? ’n Regte, egte baba – en dan boonop haar eie?

Sal haar senuwees hou wanneer daardie bekkie oopmaak en ontroosbaa­r begin huil vir die bottel?

Ja, want die aweregse Suzelle se alter ego en ware self, Julia Anastasopo­ulos (35), is ’n raakvatter­ma soos min.

Dis moeilik om te glo die nuwe ma wat vandag so rustig met haar baba in die arms sit en koer, is die einste mens wat die rol van Suzelle vertolk.

Weg is die bolla en die blom. Julia se lang blonde hare val sag oor haar skouers en haar gesig gloei van liefde terwyl sy haar aan die kleinding verkyk. Die donkerkopp­ie met die roosknopne­usie lê doodtevred­e in ’n knus kombersie toegewikke­l, onbewus van die oë wat na haar staar. Sy weet ook nog nie sy is die rede dat Suzelle deesdae nie eens tyd het om ’n koppie tee te maak nie.

Julia en haar man, Ari Kruger (36), het in Julie ouers geword, en hulle is versot op hul eersteling.

“Sy is die liefste baba,” vertel Julia, en die sagtheid kruip weer om haar oë. “Sy eet goed; sy slaap goed. Wel, die meeste van die tyd. Ons is regtig gelukkig.”

Hulle het haar Zoe Annabelle Kruger genoem. Annabelle is Ari se ouma se naam, en Zoe, wat “lewe” beteken, eer Julia se Griekse herkoms.

“Sy verander jou perspektie­f,” sê Ari. “Dit help ook dat sy elke dag net ouliker word. Elke keer dat ek haar sien, is ek net liewer vir haar.”

Suzelle se aanhangers sou nooit kon raai sy was swanger tydens van die opnames vir haar YouTube-reeks nie. Julia en Ari, die regisseur van die reeks, het dit ook so beplan, want dit sou nie vir Suzelle sin hê om ’n baba te kry nie. “Sy is nie getroud nie; sy het nie eens ’n kêrel nie,” verduideli­k Ari met ’n glimlag.

Suzelle kan dalk nie op die oomblik ’n baba in haar lewe verwelkom nie, maar jy wonder tog of baba Zoe nie ideaal sou wees as ’n karakter in ’n opvolgreek­s van Tali’s Wedding Diary nie. In dié reeks, wat vroeër vanjaar op Showmax uitgereik is, het Julia die rol van Tali, ’ n bedorwe brokkie uit Johannesbu­rg, vertolk. Tali het kykers laat skaterlag in die “dokumentêr” wat spottend gewys het hoe sy haar troue beplan.

Ari en Julia voel sterk daaroor dat hulle Zoe nooit in ’n beroep wil indwing nie. “Dit is my wêreld dié, en dit kan nogal uitdagend wees,” verduideli­k Julia in die ateljee waar ons by haar kuier. “Sy sal hier grootword, en ek dink sy sal gemaklik hier wees, maar ek sal haar nie daarin wil dwing nie.”

AL IS Julia steeds met kraamverlo­f en probeer sy soveel moontlik tyd saam met Zoe deurbring, staan haar loopbaan nie stil nie. Sy begin binnekort weer

om SuzelleDIY-episodes te verfilm, en haar resepteboe­k, Resepte deur SuzelleDIY, word eersdaags bekendgest­el (sien bl. 26).

Baie van die maklike resepte in die boek kom van Julia en Ari se families. Daar is ook tipiese Suzelle-wenke wat die kookproses nog makliker maak en sommer ook ’n glimlag op jou gesig sit.

“Ek maak die resepte gereeld vir ons,” sê Julia. “Daar is ’n spinasiepa­stei waaroor ek mal is en ’n heerlike visgereg wat Ari se ma maak.”

Wanneer jy die ateljee van die ondernemin­g wat sy en Ari saam gestig het in Woodstock besoek, wil jy jou vergaap aan die kleurryke meubels en toerusting wat aan elke SuzelleDIY-episode lewe gee.

Julia lyk pragtig in ’n lospassend­e swart bloes en broek waar sy op ’n bank in die oopplankan­toor sit. Sy sê dit voel vreemd om terug te wees in die omgewing wat sy so goed ken nadat sy deur so ’n ingrypende belewenis is.

“Ek het glad nie verwag dit sou so ’n groot veranderin­g wees nie. Ek is ’n heel ander mens, en al wat nou vir my saak maak, is die baba.”

Zoe was ’n week laat, en Julia vertel sy was angstig oor haar koms. Gelukkig kon sy die tyd gebruik om na hartelus selfdoenwe­rkies in die huis te doen. Sy het die tafel gebou waarop sy Zoe se doeke omruil en het ook die muurversie­rings in die babakamer gedoen.

“Ek het gedink ek is ’n ruk lank klaar met selfdoenta­kies, maar was verkeerd.”

Sy het natuurlik die lewe geskenk en was 16 uur lank in kraam. Haar oë rek groot toe sy hieroor praat, en sy sê hoewel dit ’n wonderlike ervaring was, was dit ook oorweldige­nd.

“Ek dink dit is ’n kombinasie van ’n klomp dinge. Jy is lank swanger, jou liggaam verander so baie, en jy het soveel hormone in jou. Dan gaan jy deur die kraamprose­s, en ongeag hoe jy die lewe skenk, is dit ’n skok vir die sisteem.

“Daarna, pleks daarvan om te gaan rus en herstel, is jy nou ’n ma. Jy voed die baba die hele nag lank, en soms weet jy nie wat fout is nie.

“Ek het eendag net gehuil en gehuil en gesê dit is omdat ek so lief is vir die baba. Ari het nie geweet wat om met my te doen nie.”

Om bedags alleen met die baba by die huis te wees is uitdagend, erken sy.

“’n Mens is heeltyd besig en jy weet nie waar die dag heen gaan nie, want jy kan nie regtig veel meer doen as om na die baba te kyk nie. Jy dink nog jy gaan vir jouself ’n koppie tee maak en d a n raak jy besig met iets anders.

“Dis net ’n waas van besig wees en nie weet wat jy eintlik uitrig nie, behalwe om die baba kos te gee en haar aan die lewe te hou.”

Dit voel vir haar of die proses om ’n kind te kry en ma te wees haar verbind aan vroue deur die eeue heen.

“So baie vroue doen dit. My ma het dit gedoen; haar ma het dit gedoen. Dit is regtig wonderlik en maak jou nederig.”

Julia is maar te dankbaar wanneer pa Ari saans by die huis kom om vir haar die koppie tee te maak waarby sy byna nooit uitkom nie, haar skouers te vryf of ’n doek te help ruil.

“Ek weet regtigwaar nie hoe enkelouers dit doen nie.”

DIE kreatiewe paartjie het in Maart verlede jaar in Kaapstad getrou nadat hulle vyf jaar lank saam was. “Verlede jaar was besig,” vertel Ari. “Ons het getrou, toe maak ons ’ n televisier­eeks oor mense wat trou, en toe vind ons uit ons gaan ’n baba hê. Daarna was ons in Japan met vakansie, wat wonderlik was.” Dit was vir hulle belangrik om hul troue privaat te hou. “Ek wou nie hê dit moet nog ’n vertoning wees nie,” sê Julia. “Ons is die hele tyd besig met vertonings, en ek het gevoel die troue is net vir ons.” Hulle was kreatiewe spanmaats voor hul verhouding begin het en sê dit kan uitdagend wees om saam te werk, maar ook baie bevredigen­d. “Ek dink dit maak my ’n beter regisseur om saam met Julia te werk,” sê Ari. “Ons is eerlik met mekaar; sy sal sê as sy dink ek kon iets beter doen.” Julia stem saam, maar sê dit kan moeilik wees omdat jy verskillen­de rolle vertolk. “Jy is die aktrise, maar jy is ook die vrou en die ma van sy kind en daarom moet julle daaroor praat. Maar dit is baie spesiaal, want julle vertrou mekaar heeltemal.” Nou durf die twee saam- saam hul heel grootste avontuur aan – want doen-dit-self is een ding, maar daardie nagtelike pajamadril is iets heeltemal anders.

‘Dis een groot waas vann be-besig weess en nie weet wat jy uitrig nie’

 ??  ?? Julia Anastasopo­ulos, beter bekend as SuzelleDIY, spog met baba Zoe.
Julia Anastasopo­ulos, beter bekend as SuzelleDIY, spog met baba Zoe.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Julia en haar man, Ari Kruger, wil hul baba se gesiggie privaat hou.
Julia en haar man, Ari Kruger, wil hul baba se gesiggie privaat hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa