20+
In jou 20’s en 30’s kan jy kleure soos lila, laventel en helderpers dra met ’n mat tekstuur, wat die kleur nog helderder sal laat lyk. As dit te erg is vir jou, kies pers in minder helder skakerings en met ’n satyn- of glansafwerking. Dit is meer gepas vir die kantoor.
Jy kan met teksture speel deur petroleumjellie booor mat lipstiffie aan te wend vir meer glans. Of kladpoeier oor glanslipstiffie vir die teenoorgestelde effek.