40+
Ja, jy kan wel pers lipstiffie dra as jy ouer as 50 is, maar die geheim lê in die skakering en aanwending. Kleure soos pruim, druif en rosyntjie kan goed lyk – dis dramaties en elegant.
Kies fluweelagtige teksture wat mat is, maar nie jou lippe sal uitdroog nie, of satynagtige teksture wat vogtigheid verleen, maar nie te veel blink nie.
Lipstiffie wat in die plooitjies om jou mond invloei, kan ’n probleem wees met donker lipstiffie. Wend daarom altyd eers ’n lipomlyner aan.