20+
As jy in jou 20’s is, kies die interessantste weergawe van die bob wat jy kan kry, byvoorbeeld een wat met fraiingpunte geknip is (en kleur sommer jou hare grys ook). Tem jou hare met arganolie. Kies ’n reguit bob in jou 30’s en skep golwe met ’n haartang. Gebruik haarsproei om dit in toom te hou.