’n Bob wat sag teen die gesig krul, versag gelaatstrekke en lyk vroulik. As jy ouer as 50 is, moet jy eerder ’n boblengte vermy wat die aandag na jou kaak trek, want die vel kan hier al begin sakkerig lyk. As jy wil, kan jy jou grys hare verdoesel met pigmentpoeier.