Maak ’n hoë ponie en steek dan die punte in ’n los bolla vas met slierte wat oral uitsteek. Moenie jou hare te styf agtertoe trek nie en moet ook nie te dikwels ’n hoë ponie dra nie, want dit kan jou hare laat breek en selfs tot haarverlies lei. Behandel die punte met olie.