Huisgenoot

KASERIGE KNOFFELKNO­PE

-

LEWER 20 ROLLETJIES BEREIDING: 10 MIN. RYS: 15-20 MIN. BAK: 15-20 MIN.

60 ml (¼ k) botter, gesmelt 1-2 knoffelhui­sies, fyngekap 60 ml (¼ k) parmesaank­aas, gerasper 2,5 ml (½ t) droë origanum 2,5 ml (½ t) droë pietersiel­ie 1 kg brooddeeg 60 ml (¼ k) sesamsaad Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei. 1 Meng al die bestanddel­e buiten die deeg en sesamsaad goed in ’n bak. 2 Verdeel die deeg in 20 stukke. Rol elke stuk in ’n wors en knoop dit. 3 Verf die knope met die helfte van die bottermeng­sel, strooi sesamsaad oor en pak op die bakplaat. Bak 15-20 min. of tot goudbruin. 4 Haal uit die oond en verf met die res van die bottermeng­sel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa