Huisgenoot

GESTOOMDE BROOD

-

LEWER 1 BROOD BEREIDING: 10 MIN. RYS: 10-15 MIN. BAK: 30-40 MIN.

1 kg brooddeeg 410 g pitmielies, gedreineer chakalaka vir voorsit Smeer ’n emaljebak met botter of margarien. 1 Plaas die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is, knie die pitmielies daarby in en plaas dit in die gesmeerde bak. Bedek en laat 10-15 min. rys. 2 Giet water in ’n groot kastrol en plaas die gesmeerde bak binne-in. Sorg dat die water nie aan die deeg raak nie. 3 Plaas die kastrol se deksel op en stoom die brood 30-40 min. of tot gaar; ’n toetspen moet skoon uitkom wanneer dit in die middel van die brood gesteek word. 4 Sit voor saam met die chakalaka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa