Huisgenoot

CAMEMBERTP­OTBROOD

-

LEWER 1 MIDDELSLAG­BROOD BEREIDING: 10 MIN. RYS: 10-15 MIN. BAK: 30-40 MIN.

1 kg brooddeeg 2 wiele camembert 4-5 ingelegde vye, in skywe gesny 50 g amandelvlo­kkies Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n emaljebak met botter. 1 Druk die deeg met jou hande plat op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is om ’n sirkel te vorm. Plaas een kaas in die middel en bedek met die vye en amandel. Plaas die tweede kaas bo-op. Vou die deeg oor die kaas, knyp die bokant toe, plaas in die emaljebak en knyp die kante af. Laat 10-15 min. rys of tot verdubbel. 2 Plaas die bak op ’n bakplaat. Bak 30-40 min. ’n Toetspen moet skoon uitkom wanneer dit in die brood ingesteek word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa