Huisgenoot

MAKLIKE KOESISTERS

- (Blaai om)

LEWER 30 KOESISTERS BEREIDING: 15 MIN. RYS: 15 MIN. BRAAI: 3 MIN. PER SARSIE

1 kg brooddeeg olie vir diepbraai STROOP 500 ml (2 k) water 250 ml (1 k) suiker 1,25 ml (¼ t) koeksoda 1 kaneelstok 2 kardemompe­ule 5 ml (1 t) anyssaad droë klapper 1 Verdeel die deeg in 30 gelyke stukke. Rol elkeen in ’n bal terwyl jy dit effens rek en laat 15 min. rys. 2 Verhit genoeg olie vir diepbraai en braai die balle in sarsies tot goudbruin. Skep uit en dreineer op kombuispap­ier. Wanneer dit genoeg afgekoel het om te hanteer, prik ’n paar keer met ’n happiestok­kie.

3 Stroop Meng al die bestanddel­e buiten die klapper in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en skep die koesisters in die stroop. Laat 3-5 min. prut. Skep uit en rol in die klapper.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa