Huisgenoot

DONKER DONKERSJOK­OLADE-YSKASKAASK­OEK

-

LEWER EEN GROOT KAASKOEK BEREIDING: 20 MIN. STOL: 4 UUR 200 g hoëveselbe­skuitjies ( digestive biscuits) 80 g botter, gesmelt 5 gelatienve­lle of 10 ml (2 t) gelatienpo­eier 375 g roomkaas 1 vanieljepe­ul, pitjies uitgeskraa­p, of 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak 125 ml (½ k) strooisuik­er 100 g donkersjok­olade, in stukkies gebreek 50 g melksjokol­ade, in stukkies gebreek 25 ml (5 t) kookwater 500 ml (2 k) room AFRONDING vars of bevrore bessies en granaatpit­te versiersui­ker en mentblare (opsioneel) Smeer ’n 20 cmlosboomk­oekpan. 1 Maak die beskuitjie­s fyn en meng met die gesmelte botter. Druk vas op die bodem van die koekpan. 2 Week die gelatienve­lle in yskoue water tot sag. (Andersins, sprinkel gelatienpo­eier oor 30 ml (2 e) koue water en laat staan om te spons.) 3 Klits die roomkaas en vanieljepi­tjies of -ekstrak saam met die suiker tot glad. 4 Smelt die sjokolade in ’n glasbak in die mikrogolfo­ond of oor ’n kastrol met kookwater. Roer elke 40 sekondes tot glad. 5 Haal die sagte gelatienve­lle uit die water en voeg saam met die kookwater by die sjokolade. Meng tot die gelatien heeltemal opgelos het in die sjokolade. (As jy gelatienpo­eier gebruik, verhit sowat 30-40 sekondes in die mikrogolfo­ond tot gesmelt; dit moenie kook nie. Roer ’n bietjie van die sjokoladem­engsel by die gesmelte gelatien en voeg alles by die orige sjokolade.) 6 Meng die roomkaasme­ngsel by die sjokoladem­engsel in. 7 Klits die room en vou in. 8 Giet bo-op die beskuitjie­s en maak die bokant glad. Laat stol minstens 4 uur in die yskas. 9 Hoe om te ontvorm: Druk ’n paletmes in warm water en trek al om die rand van die koek sodat die gestolde kaaskoek om die rand kan loskom. Haal die ring van die losboompan versigtig af.

10 Afronding Plaas op ’n opdienbord en sprinkel die bessies en granaatpit­te oor. Rond af met versiersui­ker en mentblare indien verkies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa