Huisgenoot

BOER SOEK ’N VROU

- LIEWE ELIZE

Ek is 38 jaar oud, was nog nooit in ’n verhouding nie en het nie kinders nie. Ek gaan nie baie uit nie, maar soek ’n meisie of vrou wat saam met my op my plaas wil bly. Ek is ernstig hieroor en nie ’n poetsbakke­r nie. Het jy asseblief vir my raad?

Ben, Polokwane

’n Mens bou oor tyd aan ’n verhouding en maak ’n verbinteni­s tot mekaar as toekoms- en verhouding­s- doelwitte in plek is – en wedersydse respek betoon is. Liefde is nie ’n een-twee-drie-blokmyself-speletjie soos wat kinders speel nie, maar wel ’n avontuurli­ke ontdekking van ’n sielsgenoo­t terwyl aan ’n verbinteni­s gewerk word.

Begin deur eers net vriende te word – nie aanlyn of deur die sosiale media nie. Die versoeking­s aldaar is te kompleks vir mense wat nog nooit in ’n verhouding was nie. Daar is geen kitsoploss­ings om ’n verhouding in plek te stel en te handhaaf nie. Dis harde, aanhoudend­e werk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa