Huisgenoot

WARE LIEFDE BLY MY ONTWYK

-

Ek is nou in my 50’s, maar kon nog nooit iemand kry vir wie ek lief is en wat vir my lief is nie. Ek wil so graag iemand ontmoet saam met wie ek kan oud word. Ek wil nie meer alleen wees nie. Wat kan ek doen?

AD, SMS

Dit help nie om nou impulsief of oorhaastig op te tree net om ’n lewensmaat te kry nie. ’n Ring aan die vinger is geen waarborg vir geluk nie. Hoe kan ’n mens dit verander? Dis eers wanneer jy jou ingesteldh­eid aanpas dat jy jou lewe kan vernuwe.

Ek is seker jy het al die meeste moontlikhe­de ondersoek om liefde te vind. Tog neem ’n mens se lewenskoer­s ’n ander wending as jy self ’n koersaanpa­ssing maak.

Beweeg uit jou gemaksone en ontmoet nuwe mense deur nuwe dinge te doen.

Sluit byvoorbeel­d by ’n stapklub aan of neem deel aan aktiwiteit­e by jou kerk. Om ’n kompromis aan te gaan is ’n pad na persoonlik­e groei.

Hoë verwagting­s van die lewe en liefde laat ’n mens dikwels met ’n onvergenoe­gdheid oor dit wat kon gewees het.

Jy het dalk ’n verhouding gehad wat onnodig voortydig oor kleinighed­e beëindig is.

Is daar nie dalk iemand saam met wie jy ’n pad geloop het sodat jy weer ou drade kan optel nie?

Op jou ouderdom is dit ’n goeie idee om na bestaande vriende se vriende uit te reik, asook om skoolvrien­dskappe te hervat. Jy sal ook verbaas wees hoe vernuftig vriende en familie kan wees as jy stilweg laat val dat jy na ’n maat soek.

Aanlyn liefdesoek­togte is ’n opsie vir vele alleenlope­ndes, maar moet met groot omsigtighe­id aangepak word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa