Huisgenoot

KYK – ’N HELE MENS LIGTER

Met drie fotosessie­s het sy haar gewigsverl­ies vasgelê – ’n volle 70 kg

- Deur MARISA FOCKEMA

SY KLIM op die skaal en glimlag van oor tot oor toe die naald op 63,2 kg gaan staan. Sy neem dadelik ’n foto. Nes drie jaar tevore, op dieselfde skaal, maar toe het die naald by 133,2 kg gaan lê – ’n hele 70 kg meer as nou.

Die slanke vrou is die ene selfvertro­ue in haar stywe swart broek en heldergeel blommebloe­s. Sy voel triomfante­lik.

“Ek het al voorheen baie gewig verloor, maar dié keer het ek dit anders gedoen,” verduideli­k Joniela Geldenhuys (27).

Dié “vorige keer” was in 2012, toe sy binne nege maande 52 kg verloor het. Van 120 kg tot 68 kg.

“In daardie stadium was my doelwit om 1 kg per week te verloor,” sê Joniela, ’n haarstilis en fotograaf van Velddrif aan die Weskus.

“Destyds was ek obsessief. Ek het dae lank omtrent net water gedrink voor ek my Donderdae moes weeg. Ek onthou nog my suster se 27ste verjaardag. Dit was op ’n Woensdag, en ek het gevulde pannekoek en sjokoladek­oek gebak.

“Toe ek my die volgende dag weeg, was dit die eerste keer dat ek gewig aangesit het. Ek was platgeslaa­n. En toe was dit afdraande . . . Toe eet ek sonder ophou.”

Sy het al die gewig wat sy verloor het weer laat aanpak, plus 13 kg.

Maar toe kom die keerpunt een naweek in 2015. Dit het die Saterdag begin toe die sangeres Sorina Erasmus, oftewel Flooze, by ’n ma-en-dogter-dag op Langebaan optree.

Joniela was die fotograaf en Sorina het in ’n stadium gevra dat sy foto’s van die verhoog af neem.

“Ek het die sowat 200 vroue voor my gesien. Dit was duidelik die meerderhei­d gim, draf en eet gesond. Ek kon sien hoe mense vir my kyk en wat hulle dink.”

Joniela het selfbewus gevoel, maar nogtans op pad huis toe ’n burger en slaptjips gekoop.

Tuis het sy gehoor haar beste vriendin, Monica Lötter, het pas verloof geraak. “Ek het toe besluit ek wil ten minste mooi voel op haar troudag,” sê Joniela.

Die Sondagogge­nd het sy haar hond, Chloe, strand toe geneem. Om net die entjie van die parkeerter­rein na die water te stap het haar uitgeput. “Dit het gevoel asof ek nie kan asem kry nie en dít ná net ’n paar meter. Ek het besluit ek kan nie langer so lewe nie.”

Die volgende dag, 26 Oktober 2015, het

 ??  ?? Die trotse Joniela Geldenhuys spog met haar figuur nadat sy 70 kg in drie jaar afgeskud het. “Maar dit was g’n maklike proses nie,” sê sy.
Die trotse Joniela Geldenhuys spog met haar figuur nadat sy 70 kg in drie jaar afgeskud het. “Maar dit was g’n maklike proses nie,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa