Huisgenoot

CHARLIE SE BONUSGESIN

-

CHARLIE SHEEN smeek die howe om hom minder kinderonde­rhoud aan sy eksvroue Denise Richards en Brooke Mueller te laat betaal. Maar dit blyk hulle is steeds die gelukkigst­e uitgebreid­e gesin in Hollywood. Sowel Charlie as eksvrou no. 3, Brooke, het eksvrou no. 2, Denise, gelukgewen­s toe sy met die akteur Aaron Phypers trou. Die voormalige Bond-meisie (47) het onlangs met die Kanadees gebore Aaron (46), wie se egskeiding van die Desperate Housewives-aktrise Nicollette Sheridan (54) verlede maand afgehandel is, op ’n strandtrou­e in Malibu, Kalifornië, afgehaak. En al het haar r beroemde eksman nie die troue bygewoon ygewoon nie, het die 53-jarige akteur deur ’n verteenwoo­rdiger laat weet hy “wens albei net geluk toe”. e”.

Brooke (41), wat van 2008 tot 2011 met Charlie getroud troud was, het aan verslaggew­ers gesê sy stuur haar allerbeste wense aan haar vriendin. Die eiendoms belegger het ook onthul sy behou kontak met Denise al woon hulle in verskillen­de Amerikaans­e deelstate. “Wanneer een in Utah en die ander in Kalifornië is, is dit soms ’n geval van uit die oog, uit die hart, maar nie met haar nie,” het sy gesê. “Sy vaar goed. Ek is verheug om haar onthalwe.” Brooke en Charlie het rede om ’n sagte plekkie vir Denise te hê. Die Wild Thingsster het as tydelike voog vir hul seuns, Bob en Max (9), opgetree toe Brooke in 2012 en 2013 telkens vir rehabilita­sie opgeneem is. “Brooke en Charlie weet ek is beskikbaar enige tyd wanneer hulle hulp met die seuns benodig,” het Denise destyds gesê. “Hulle is ons familie en hulle is Sam en Lola (haar kinders by Charlie) se broers. Enige tyd as sy hulp nodig het, is ek dus daar vir die seuns. Ek weet dit lyk nie normaal nie, maar dit is ons normaal.” Ons hou nogal van jou normaal, Denise.

 ??  ?? HEEL BO: Denise en Aaron by Sam (14), Lola (13) en Eloise (7). INLAS: Charlie en Denise verlede jaar. LINKS: Brooke Mueller. HEEL LINKS: Die tweeling Bob en Max (9).
HEEL BO: Denise en Aaron by Sam (14), Lola (13) en Eloise (7). INLAS: Charlie en Denise verlede jaar. LINKS: Brooke Mueller. HEEL LINKS: Die tweeling Bob en Max (9).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa