Huisgenoot

IsNickien Lewissaam?

-

Kort nadat sy oor haar skermutsel­ing met haar mederapper Cardi B (25) in die nuus was, het Nicki Minaj weer die tonge laat klap. Dié keer oor haar gesellige afspraak met die Formule 1-wêreldkamp­ioen, Lewis Hamilton, tydens die New Yorkse Modeweek. Die rapper en die 33-jarige renjaer het saam by die TommyXLe wis-bekendstel­l ingsgeleen­theid opgedaag en, volgens ooggetuies binne die lokaal, “verlief” gelyk. Ons sal moet wag en sien of dié twee regtig ’n paartjie of net goeie vriende is, maar Nicki (35) het tydens ’n onlangse verskyning in The Ellen DeGeneres Show geskimp daar is dalk ’n nuwe man in haar lewe. “Wel, daar is ’n nuwe ou, maar ek en hy het soort van ’n bietjie teruggeval. En dan . . .” het sy laggend bygevoeg, “en dan is daar ’n selfs nuwer nuwe ou. Hy het my al in ’n paar pruike gesien.” BRONNE: USWEEKLY. COM, PEOPLE.COM, DAILYMAIL.CO.UK

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa