Huisgenoot

Sally onthul seksuele misbruik as kind

-

Met die skryf van haar lewensverh­aal, In Pieces, het Sally Field nou behoorlik die sluier gelig. Die 71-jarige aktrise maak ’n aantal persoonlik­e onthulling­s, onder meer dat haar bekende stiefpa haar as kind seksueel mishandel het. Volgens Sally het Jock Mahoney, wat getroud was met haar ma, die aktrise Margaret Field, haar dikwels alleen na sy slaapkamer “ontbied” en dan seksueel misbruik. Dit het aangehou tot sy 14 jaar oud was. “Dit sou soveel makliker gewees het as ek net een ding gevoel het – as Jocko nét wreed en skrikwekke­nd was. Maar hy was nie. Hy kon ook sjarmant wees,” sê sy oor die Tarzan Goes to India-akteur.

Eers dekades later het sy haar oorlede ma, wat ’n stryd teen kanker gevoer het, van die misbruik vertel.

Sally beweer haar verhouding van vyf jaar met haar Smokey and the Banditmede­ster Burt Reynolds was op vele maniere ’n poging om die letsels weens die mishandeli­ng te genees.

“Ek moes op die een of ander manier iets probeer uitdryf wat móés uit,” verduideli­k sy.

Al erken sy haar ontboesemi­ng “sou hom seergemaak het”, vind sy vertroosti­ng daarin dat Burt, wat vroeër vandeesmaa­nd oorlede is, nooit die kans gekry het om haar bekentenis te lees nie.

 ??  ?? Sally Field se mama,m ma, die aktrise Margargare­t Field, het in n 1952 met die waaghals en akkteur Jock Mahooney getrou. Hulle ulle is s in 1968 geskei. i.
Sally Field se mama,m ma, die aktrise Margargare­t Field, het in n 1952 met die waaghals en akkteur Jock Mahooney getrou. Hulle ulle is s in 1968 geskei. i.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa