Huisgenoot

Viola spyt oor The Help

-

Viola Davis is nou wel vir ’n Oscar benoem vir haar spel as Aibileen in die rolprent The Help (2011), maar is spyt sy het die rol aanvaar, het sy onlangs teenoor The New York Times erken. Dit het gekom ná ’n lesersvraa­g.

“Ek het net gevoel dit was op stuk van sake nie die stemme van die huiswerker­s wat gehoor is nie,” sê die 53-jarige Viola.

“Ek ken Aibileen. Ek ken Minny. Hulle is my ouma. Hulle is my ma. En ek weet as jy ’n rolprent maak waar die hele vertrekpun­t is: ‘Ek wil weet hoe dit voel om in 1963 vir wit mense te werk en kinders groot te maak,’ wil ek hoor hoe jy (die huiswerker) regtig daaroor voel.

“Ek het dit nooit oit in die rolprent gehoor nie. nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa