Huisgenoot

Geen botoks vir Jane

-

Jane Seymour is bekend vir haar durende skoonheid, maar het onlangs erken selfs s sy het geswig voor Hollywood se druk om jeugdig te lyk.

“Ek het eenkeer botoks laat doen, want almal het gesê: ‘Jy moet dit doen,’ het die e 67-jarige ster onlangs in die Amerikaans­e geselsprog­ram This Morning onthul. “Maar Maar vir my het dit nie normaal gelyk nie,” sê sy en noem haar eenmalige besluit om die inspuiting­s te kry “’n verskrikli­ke fout”.

“Ek is ’n aktrise; daarom is dit vir my uiters belangrik dat al die spiere beweeg. Ek is 67. Gaan ek 30 speel? Nee. Ek voel dit is belangrik dat ek so normaal moontlik lyk.” yk.”

Die eertydse Bondmeisie is ook nie ’n groot aanhanger van hoe dit ander mense e laat lyk nie.

“Baie mense word van balans gebring as hulle een ding laat doen. Dan kyk jy na hulle en dink: ‘Wat het jy gedoen?’ pleks van: ‘O, jy lyk lieflik.’ ”

Dankie vir jou eerlikheid, Jane. BRONNE: USWEEKLY.COM, SUN.CO.UK, BUZZFEED.COM, DAILYMAIL.CO.UK

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa