WÊRELDREISIGER
Hy het in drie lande grootgeword. Keir is in die Britse hoofstad, Londen, gebore en het later met sy Kanadese ouers, Catherine en Ian, en kleinboet, Evan (21), in Boston, Massachusetts, in Amerika gebly voor hulle die Kanadese stad Toronto hul tuiste gemaak het. Evan is ’n akteur nes sy ouboet.