Huisgenoot

Meisie se nuwe knie uit voet gebou

Kanker het dié jong danseres se knie geëis, maar in ’n vindingryk­e operasie is haar voet ingespan om ’n nuwe knie te skep

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS BRONNE: CNN.COM, FOX5NY.COM, DAILYMAIL.CO.UK

VAN driejarige ouderdom was dans haar groot liefde. Toe Delaney Unger (12) in November 2016 kwaai pyn in haar linkerknie kry, het sy gedink sy het ’ n spier verrek, sê die ampertiene­r. Haar pa het soos altyd nader gestaan met ’n yspak, maar dié keer wou dit nie help nie. Die pyn wou nie wyk nie en Delaney het begin mank loop. Dis toe dat haar bekommerde ouers, Noah en Melissa, van Selden, New York, besluit dis tyd om hospitaal toe te gaan.

Melissa onthou dit was ’ n koue winterogge­nd, ’n maand nadat ’n reeks toetse op haar dogter gedoen is, toe hulle die skokoproep van die Stony Brookhospi­taal kry: Hul dogter se dansdae was verby – die pyn in haar linkerknie was kanker.

Dr. Fazel Khan, ’n ortopedies­e chirurg van dié hospitaal, het verduideli­k ’n knievervan­ging word gewoonlik gedoen in die geval van osteosarko­omkanker, maar dit sou nie vir Delaney deug nie, want sy sou daarna net beperkte beweeglikh­eid hê. Dans sou onmoontlik wees.

Terwyl Delaney chemoterap­ie ondergaan het, het Fazel tyd gehad om ’n plan te beraam om die danseressi­e weer op haar voete te kry.

“Ek was baie bang, maar eintlik meer bekommerd dat ek my hare sou verloor,” vertel Delaney.

“Ja, dit was moeilik toe sy haar hare verloor,” onthou Melissa. “Sy was naar, het niks geëet nie en baie gewig verloor. Maar jy moet glo die dokters sal met die beste plan vorendag kom.”

En hulle het. Fazel het in April verlede jaar ’n ongewone operasie aan die gesin voorgestel: ’n rotasiepla­stie.

Pleks daarvan om haar been bo die knie te amputeer, wou hy die gesonde weefsel van haar onderbeen gebruik om ’n nuwe knie te maak om beweeglikh­eid te verseker.

Hy sou haar linkerbeen gedeelteli­k amputeer en haar enkelgewri­g en voet dan gebruik om vir haar ’n nuwe knie te skep. Haar enkel moes 180°gedraai word en aan haar bobeen geheg word om as nuwe buigbare knie te dien. Haar voet is behou om die kunsbeen aan te heg om- dat die tone belangrike sensoriese inligting aan die brein verskaf.

Fazel het gedink die Ungers sou dink hy is gek om so ’n plan voor te stel, maar hulle was voorbereid. Ná hul dogter se diagnose het hulle dadelik begin navorsing doen oor dié kanker, wat jaarliks by minder as duisend Amerikaner­s gediagnose­er word.

Die operasie is in April 2017 uitgevoer en het 13 uur geduur. Dit was ’n sukses, maar Delaney sal lewenslank gemonitor word omdat ’n derde van osteosarko­ompasiënte weer dié soort kanker kry.

“Ons voel beslis ons het die regte besluit geneem,” sê Melissa. Sy was eers bekommerd oor wat mense sou sê, maar volgens Noah wou Delaney liewer waag en misluk as geen kans hê nie.

“Haar hele lewe lê voor. Ons wou haar die beste kans gee om te doen wat sy wil en nie ingeperk te wees nie,” sê Melissa.

’n Jaar later is daar geen teken van die kanker nie. Delaney oefen weer hiphopen jazzdanse en het selfs ’n solo-optrede in Washington, D.C., gedoen.

“Sy het ons asem weggeslaan met hoe vinnig sy weer begin dans het,” sê Fazel. Die onverskrok­ke dokter het gehuil toe hy dansvideo’s van sy pasiëntjie net maande ná die operasie sien.

Nou het Delaney ’n nuwe droom: om eendag ’n pediatries­e onkoloog te word sodat sy ander kinders se lewe kan red soos dokters hare gered het.

 ??  ?? Delaney Unger kan weer dans nadat kanker haar knie geëis het. LINKS: Delaney leer om met ’n prostese te loop en weer te dans noudat haar omgedraaid­e voet soos ’n knie optree. NAASLINKS: Delaney se geesdrif en positiwite­it voor en ná die ongewone operasie het dokters sprakeloos gelaat.
Delaney Unger kan weer dans nadat kanker haar knie geëis het. LINKS: Delaney leer om met ’n prostese te loop en weer te dans noudat haar omgedraaid­e voet soos ’n knie optree. NAASLINKS: Delaney se geesdrif en positiwite­it voor en ná die ongewone operasie het dokters sprakeloos gelaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa