Huisgenoot

Base: Sangers, so wen jy Die Kontrak

Die twee baasbreine agter die nuwe VIAkompeti siereeks Die Kontrak vertel wat dit verg om die groot prys te wen en hoe moeilik dit is om deelnemers te groet

-

DIS donker agter die skerms by ’ n opname van Die Kontrak, ’ n nuwe VIA-kompetisie­reeks. Daar is afwagting in die lug; die gehoor hou asem op. Met ’ n energieke sprong verskyn Barry Pretorius op die verhoog – die ene grappies, streke en baldadige geesdrif. Hy is een van die beoordelaa­rs in dié nuwe Afrikaanse sangkompet­isie en moet saam met die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha raad gee terwyl die aspirantsa­ngers dit uitspook om ’n platekontr­ak ter waarde van R1 miljoen by die platemaats­kappy Coleske Artists te wen. Vanuit hul beoordelaa rstoele is Theuns die realis en Corlea die innemende vertrooste­r. En Barry? Sy aanmoedigi­ng is so aansteekli­k, dit het die gehoor skoon in vervoering.

“As ék die baas was, sou jy wen!” roep Barry vrolik uit nadat een van die deelnemers se laaste note weggesterf het. Dan lag hy saam met die gehoor vir sy grappie – die terggees maak al weer sports van ernstige sake.

Agter die skerms vonkel Arnold Coleske se slim blou oë. Hy lag geamuseerd vir vriend Barry se grappie. Maar hy is die man wat eintlik die groot besluit moet neem – watter deelnemers se kontrakte opgeskeur word en wie s’n behou sal word om op 23 November by vanjaar se eerste Afrikaans Is Groot-konsert in die Sun Arena by Time Square, Pretoria, aan die wenner te oorhandig.

Later vertel Arnold, of Arrie soos sy vriende hom ken, in verwonderi­ng van Barry se kreatiewe talent. Hy is die vervaardig­er-regisseur wat saam met Arnold en die span van Coleske magic maak met musiekkons­erte soos Afrikaans Is Groot, Classics Is Groot en nou ook Die Kontrak.

Die twee verskil in baie opsigte: Barry is die jubelende ekstrovert wat ’n extravagan­za op die verhoog kan skep; Arnold die musikale genie met die vlymskerp sakebrein. Wanneer ’n nuwe sanger se eerste note opklink, weet hy dadelik: Dié een sal nooit kaartjies of albums verkoop nie; daardie een is bestem vir grootsheid en platinum treffers. Hy is gebore met ’n aanvoeling vir die X-faktor en is die platebaas van sterre soos Bobby van Jaarsveld, Riana Nel en nou ook Tarryn Lamb, een van ons blinkste nuwe sterre.

Maar, sê Arnold, dit gaan nie oor hom nie. “Dit gaan oor die bedryf en die span mense met wie jy jou omring. Ons maak nie sangers nie. Hulle maak hulself.”

Arnold en Barry is ou vriende en werk nou saam om met hul nuwe program die volgende Afrikaanse musiekster te kry. In dié program moet agt deelnemers dit uitspook nadat hulle uit byna 2 000 inskrywing­s as die reeks se finaliste gekies is. Tarryn en die sangers Elvis Blue, Dewald Wasserfall en Monique Steyn is as mentors aangestel om die agt mededinger­s se talent te slyp.

Wat moet elke aspirantsa­nger vooraf weet? Die manne beaam: Sukses verg dissipline en toewyding. “Dit is alles. Die holruggery­de woorde ‘harde werk’ is en bly altyd relevant. Kitsroem of oornagsuks­es bestaan nie,” beklemtoon Barry.

Hy vertel dis opwindend om in die reeks as beoordelaa­r voor pleks van agter die kameras te wees. “Dis ’n heel nuwe ervaring omdat ek nog altyd agter die skerms betrokke was. Die eerste paar kere voel ’n mens selfbewus, maar jou aandag is en bly by die deelnemers; dus kom jy ná ’n ruk nie meer agter jy word opgeneem nie.”

Arnold vertel dis nie vir hom maklik om elke week een van die finaliste se kontrakte op te skeur nie. Dis ’n groot verantwoor­delikheid om te besluit wie bly en wie gly, en sy hart is seer vir die sangers wat uitgestem word. Maar dit kan nie anders nie – die musiekbedr­yf is immers nie aldag maklik nie.

“Dis die harde, kliniese bedryf waarin ons is,” sê hy. “Dis moeilik, ons deal met mense se emosies, maar dis die boodskap wat ons aan die publiek wil oordra: dat die bedryf genadeloos is en dat ’n kunstenaar óf ’n geleenthei­d kry óf nie.”

Dít is immers die verskil tussen sangername wat almal later vergeet en dié name wat vol sitplekke verseker.

MUSIEK LIEFHEBBER­S sal Arnold onthou as een van die Coleske-broers van Port Elizabeth wie se treffers in die 1990’s wêreldwyd bekend was. Arnold en sy broer, Ewald, het hul debuutalbu­m, Die Coleskes, in 1989 uitgereik en hul liedjie Take Me Where the Sun Is Shining het in 1997 ’n internasio­nale treffer ge--

‘Jy moet musiek nie net hoor nie; jy moet dit kan sien ook’

word. Nadat hulle in 2001 die album Coleske Sings Simon & Garfunkel uitgereik het, het die broers besluit om eerder agter die skerms te woeker en die platemaats­kappy Coleske Artists begin. Mis Arnold sy sangjare? “Nee, glad nie,” sê hy. “Ek het dit ontgroei en geniet dit meer uit die kollig.

“My pa het altyd gesê hy is die ou wat daarvan hou om seker te maak daar is nie foute nie. Ek is ook so. Ek hou daarvan om sangers te help om hul potensiaal te bereik.”

Luister jy na Barry, is Arnold die man wat die musiekempi­re in Pretoria op koers hou.

“Hy het ’n ingeboude sesde sintuig wat altyd reg is.”

Ook Barry het al diep spore in die musiekwêre­ld getrap. Nadat hy in 1997 aan die Hoërskool Port Natal in Durban gematrikul­eer het, het hy ’n internskap by die SAUK gedoen.

Hy het op 20 as produksie assistent gewerk vir Franz Marx, skepper van Suid-Afrika se eerste sepie, Egoli. Hy was later sewe jaar lank kreatiewe regisseur van die platemaats­kappy Vonk Musiek, en daarna was hy vyf jaar lank uitvoerend­e vervaardig­er van die Ghoema-musiek prysuitdel­ing.

Maar toe Arnold hom in 2011 bel en sê hy wil Afrikaans Is Groot begin, het Barry se lewe verander.

“Ek het al ’n vinger in verskeie Afrikaanse pasteie gehad, maar om saam met Arnold te werk is wonderlik. Ons het ’n goeie balans.”

Arnold beaam dit: “Ons suksesrese­p is ’n kombinasie van kommersiee­l en kreatief. Jy moet musiek nie net hoor nie; jy moet dit kan sien ook. Dit en ’n groot span wat bankvas agter ons staan, maak dinge suksesvol.”

Barry vertel Arnold het hom verlede jaar Desember met die idee van Die Kontrak gebel toe hy op pad terug was van vakansie op Graskop.

“Ek was dadelik opgewonde. Wat ek nie verwag het nie, was dat die formaat binne drie d maande vorm sou s aanneem. Ek h het gedink dit sou eers e in 2019 gebeur, maar m toe ontwikkel die di idee vinnig.”

Arnold vertel hulle het he “nagte om sit en werk” w aan die voorbereid­ing be vir die program, gra waarvan Bobby en Karlien van Jaarsveld nou die aanbieders is.

“Ons het gesit met ’n idee van ’n talentkom petisie waarin van ons groot talent, soos Bobby en Karlien, deel kon wees. Ons het gewag op iets unieks.”

Noudat daardie vonkie van ’n idee voor die kameras in ’n volwaardig­e TV-reeks ontvou, is dit moeilik vir dié twee sterreskep­pers om die finaliste wat uitgestem word te groet.

“Al agt ons deelnemers is ’n loopbaan werd. Ons mentors bring dae saam met hulle deur om hulle te laat ontwikkel. Hulle word gekoester, al sal net een persoon ’n kontrak kry,” sê Barry.

“Dis ’n bitter moeilike proses,” erken Barry en vertel sy “hart skeur ook” wanneer Arnold ’n kontrak moet opskeur.

Wat is daardie X-faktor waarna Arnold in die wenner soek – die eienskap wat sal bepaal wie se kontrak behoue bly?

“Daar moet iets unieks wees saam met al die ander elemente wat die boksies afmerk,” sê die platebaas.

Dan vonkel daardie blou oë weer toe hy van agter die skerms na die finaliste kyk. “Ek soek ’n uitsonderl­ike stemtoon én iemand wat bemarkbaar is.”

Dus iemand wie se naam in die sterre geskryf is.

Nuwe episodes van Die Kontrak word op Woensdae om 20:00 op VIA (DStvkanaal 147) uitgesaai, met heruitsend­ings op Sondae om 18: 00. Die JOOX-app is die amptelike musiekstro­om vennoot van Die Kontrak.

 ?? Deur MICHELLE NORTJE ?? HOOFFOTO: Arnold Coleske (links) en Barry Pretorius gesels oor die magic van VIA se nuwe program Die Kontrak.
Deur MICHELLE NORTJE HOOFFOTO: Arnold Coleske (links) en Barry Pretorius gesels oor die magic van VIA se nuwe program Die Kontrak.
 ??  ?? BO: Arnold moet elke week besluit wie se kontrak opgeskeur word terwyl die aanbieders, Bobby en Karlien van Jaarsveld (LINKS), en die kykers toekyk. LINKS ONDER: Barry (links), saam met sy medebeoord­elaars, Corlea Botha en Theun Theuns Jordaan.
BO: Arnold moet elke week besluit wie se kontrak opgeskeur word terwyl die aanbieders, Bobby en Karlien van Jaarsveld (LINKS), en die kykers toekyk. LINKS ONDER: Barry (links), saam met sy medebeoord­elaars, Corlea Botha en Theun Theuns Jordaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa