Huisgenoot

Trump kluts erg kwyt, skryf joernalis

Trump se kritici glo hy is die kluts kwyt, maar in Bob Woodward se nuwe boek word beweer die omvang hiervan is veel groter as wat mense besef

- Saamgestel deur JANE VORSTER

HY’S pal in die nuus, en dít om al die verkeerde re- edes. Deesdae gaan nie e ’n week verby dat ons nie gepeper word met die vreemdste inligting oor Donald Trump (72) nie. Die president van Amerika is die e kluts kwyt en moet in die pad gesteek k word, eis sy kritici. Dis gegrond op ver- erdraaide inligting, kap hy dan terug.

Maar nou het ’n nuwe boek deur ’n gesaghebbe­nde skrywer verskyn waarin rin beweer word The Don is selfs meer buite uite beheer as wat sy grootste kritici dink.

Hy beledig sy personeell­ede en het nie ’n benul van wat hy aanvang nie, word onthul in Fear, dié opspraakwe­kkende nuwe boek oor die Trump-Withuis.

Die skrywer is nie ’n bitterbek wat nog suur is omdat Hillary Clinton nie die verkiesing van 2016 gewen het nie. Dis die gerekende ondersoeke­nde joernalis Bob Woodward, einste die een wat die Watergate-skandaal in 1972 saam met sy kollega Carl Bernstein blootgelê het. Dié skandaal het onder meer onthul hoe die destydse pres. Richard Nixon se trawante sy teenstande­rs afgeluiste­r het. Dit het tot Nixon se bedanking gelei.

Bob het honderde ure se onderhoude met gewese en huidige Withuispe rsoneelled­e gevoer en skets Trump in sy boek as ’n “emosioneel oorspanne, onbestendi­ge en onvoorspel­bare leier” wat dikwels geen idee het wat aangaan nie.

“Ek “Ekhetnogni­e’n het nog nie ’n geval beleef waar die president so verwyder is van die werklikhei­d nie,” sê Bob (75), wat as politieke verslaggew­er vir The Washington Post oor nege presidents­kappe berig het.

Trump se eie personeelh­oof, genl. John Kelly, word in die boek aangehaal en draai geen doekies om nie: “Hy’s ’n idioot. Dis nutteloos om hom van iets te probeer oortuig. Hy’s heeltemal van die spoor af. Ons is in ‘Crazytown’. ”

In tipiese Trump-trant het die president ’n klomp woedende twiets afgevuur waarin hy die boek afmaak as ’n “grap”, “verneukspu­l” en “vals nuus”, maar desondanks het dit van die rakke gevlieg.

Op die dag dat die boek verskyn het, is meer as 750 000 eksemplare verkoop. Dit maak dit die volwasse titel wat die vinnigste verkoop het naas Harper Lee, die skrywer van To Kill a Mockingbir­d, se Go Set a Watchman in 2015.

Hier is van die bewerings in die boek.

SY EIE RAADGEWERS IS BEKOMMERD

Van Trump se eie personeell­ede beskou hom as ’n tikkende tydbom, word in die boek onthul. Hy is impulsief en hardkoppig, en ondanks die feit dat hy ’n nuweling in die politieke arena is, hou hy hom dikwels doof vir die raad van sy ervare personeell­ede.

“Dit is duidelik dat talle van die president se senior raadgewers, veral dié wat te doen het met nasionale veiligheid, uiters bekommerd is oor sy onvoorspel­baarheid, sy relatiewe onkunde, sy onvermoë om te leer sowel as sy gevaarlike standpunte,” het ’n senior Withuispe rsoneellid aan Woodward gesê.

Sy minister van verdedigin­g, genl. James Mattis, was eenkeer teen die einde van ’n vergaderin­g so ontsteld dat hy stoom afgeblaas het teenoor van sy kollegas. Hy het glo gesê die president het die begrip van “’n gr. 5- of 6-kind”.

SY MENSE MOET SENSITIEWE SAKE VAN HOM WEGHOU

Boonop is Trump so ’n chaosmagne­et dat sommige van sy naaste raadgewers saamstaan om “die president se gevaarliks­te impulse” te versper, word in die boek vertel.

“Mense wat vir hom werk, is bang hy onderteken dokumente of gee opdragte wat die veiligheid of die finansiële sekuriteit van die land of die wêreld sal bedreig,” sê Bob.

Hy skryf ’n mens sou dit ’n “administra­tiewe staatsgree­p” kon noem, want sommige amptenare gaan so ver as om briewe en dokumente van Trump se lessenaar te steel sodat hy dit nie kan onderteken nie.

Sy voormalige ekonomiese raadgewer Gary Cohn het erken hy het ’n brief verwyder wat Amerika sou onttrek van sy vryhandels­ooreenkoms met Suid-Korea.

“Ek het dit van sy lessenaar af gesteel,” het Gary aan ’n vriend gesê. “Ek wou nie toelaat dat hy dit sien nie. Ek moet die land beskerm.”

Die ironie is dat Trump nie eens agtergekom het die brief is weg nie.

SY OPDRAGTE MOET EERDER GEÏGNOREER WORD

Nadat die Siriese pres. Basjar al-Assad die verbod op die gebruik van chemiese wapens in April 2017 oortree het, het Trump vir James gebel en ’n radikale plan uiteengesi­t vir hoe met hom afgereken moet word.

“Kom ons f***** maak hom dood,” het die president gesê. “Kom ons slaan toe. Kom ons maak die hele f***** lot van hulle dood.”

James het hom verseker hy sal dadelik aandag gee aan die saak en die telefoon neergesit. “Ons gaan niks hiervan doen nie,” het hy toe aan ’n senior politieke assistent gesê. “Ons gaan baie meer berekend wees.”

HY HET AMERIKA AMPER OP OORLOG AFGESTUUR

Bob sê die meeste mense besef f nie hoe naby Trump ons aan die e Derde Wêreldoorl­og gebring het t toe hy verlede jaar vir Kim Jong- - un van Noord-Korea in ’n string g twiets beledig het nie.

Toe ’n personeell­id waarsku dit it is dalk nie ’n goeie idee om na die diktator te verwys as “Little Rocket Man” nie, het hy na bewering geantwoord: “Dis leier teen leier. Man teen man. Ek teen Kim.”

In daardie stadium het ’n “gevoel van diep verontrust­ing” onder Pentagonle­iers geheers dat een twiet Noord-Korea kon uitlok om toe te slaan, voeg Bob by.

HY ONDERSKAT DIE MOEILIKHEI­D MET DIE RUSSE

Een van die grootste bekommerni­sse waaroor Trump eintlik snags moet wakker lê, is die prokureur Robert Mueller se ondersoek oor sy sameswerin­g met Rusland om die 2016-verkiesing in sy guns te swaai.

Aanvanklik was Trump vasbeslote om in die ondersoek te getuig in ’n poging om sy naam skoon te kry.

Een van sy regsmense, John Dowd, het toe eers ’n kamma-onderhoud met hom gevoer om hom te wys waarvoor hy moes voorberei.

Dit was ’n totale ramp, met Trump wat geklink het soos “’n gekrenkte Shakespear­iaanse koning”.

“Moenie getuig nie,” het John hom gewaarsku. “Dis óf dit óf ’n oranje oorpak (tronkklere).”

SY VINGER IS GEVAARLIK

Hoewel Withuis-personeell­ede hom al probeer oortuig het om van Twitter weg te bly omdat sy twiets soveel konflik en misverstan­de skep, weier hy om hom aan bande te laat lê.

“Dis wie ek is. Dis hoe ek kommunikee­r. Dis die rede hoekom ek verkies is. Dis die rede hoekom ek suksesvol is,” het hy vir hulle gesê.

Op ’n keer het hy gevra sy twiets, wat meer as 200 000 “likes” ontvang het, moet op papier uitgedruk word sodat hy dit kan bestudeer om vas te stel waarom dit so suksesvol was. Hy wou nog in dieselfde trant uitstuur. Toe Twitter onlangs aankondig hulle gaan gebruikers nou toelaat om 280 karakters te twiet, het hy gemengde gevoelens gehad.

“Dis ’n goeie ding,” het hy aan sy personeell­ede gesê, “maar dis ook nogal jammer, want ek was die Ernest Hemingway van 140 karakters.”

HY IS MISLIK MET MENSE

Volgens die boek beledig Trump sy senior personeell­ede gereeld. Hy het na bewering na Jeff Sessions, sy minister van justisie, verwys as “verstandel­ik gestrem”.

Hy het sy nasionale veiligheid sraadgewer, lt.genl. H.R. McMaster, gekritisee­r omdat hy goedkoop pakke dra wat hom soos ’n “bierverkoo­psman” laat lyk.

MELANIA HOU HOM ONDER HAAR DUIM

Blykbaar het sy meer mag oor Trump as enigiemand anders. Melania (48) is slim en uitgeslape en kan sien wie kruip om in haar man se goeie boekies te kom en wie nie.

“Agter die skerms is sy ’n hamer,” sê Steve Bannon, Trump se gewese hoofstrate­eg.

Hoewel mense in die Withuis meen ware toegeneent­heid bestaan tussen man en vrou, is hul lewens apart en voer hulle ’n vreemde parallelle bestaan. Ingeligtes g sê die Trumps se 12-jarige seun, s Barron, is vir Melania hoofsaak. s

IVANKA DINK SY’S BAAS

Nadat N haar pa haar as een van sy raadgewers ra aangestel het, het Ivanka Trump (36) nie gehuiwer om haar ha gewig rond te gooi nie. Op ’n dag het haar kollegas se geduld du opgeraak. “Jy’s niks anders as ’n f***** personeell­id so nie!” het Steve blykbaar op haar ha geskree. “Jy loop hier rond en maak ma of jy baas is, maar jy is nie!” “Ek “is nie ’n personeell­id nie!” het sy teruggeskr­ee. “Ek is die president se dogter!” Nie Ni d dat dit noodwendig iets is om op trots te wees nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HO HOOFFOTO: ’n Nuwe boek oor pres. Donald Trump van Amerika is onlangs uitgereik. BO: Die veteraanjo­erna joernalis Bob Woodward (links) en Carl Bernstein het die Waterg Watergate-skandaal in 1972 oopgevlek. LINKS: Bob maak ’n paar onrusbaren­deonr bewerings oor Trump in sy nuwe boek.
HO HOOFFOTO: ’n Nuwe boek oor pres. Donald Trump van Amerika is onlangs uitgereik. BO: Die veteraanjo­erna joernalis Bob Woodward (links) en Carl Bernstein het die Waterg Watergate-skandaal in 1972 oopgevlek. LINKS: Bob maak ’n paar onrusbaren­deonr bewerings oor Trump in sy nuwe boek.
 ??  ?? LINKS BO: Trump se dogter Ivanka is glo uiters baasspeler­ig. REGS BO: Trump se vrou, Melania, is ’n sterk vrou, skryf Bob. Hier is sy by hul seun, Barron.
LINKS BO: Trump se dogter Ivanka is glo uiters baasspeler­ig. REGS BO: Trump se vrou, Melania, is ’n sterk vrou, skryf Bob. Hier is sy by hul seun, Barron.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa