Huisgenoot

Vrou vang gewigsverl­ies op foto’s vas

-

‘Destyds het ek gewonder watter mense in sulke klere pas’

sy begin werk aan die nuwe Joniela.

’n Vriendin, Helen Thiart, het aangebied om foto’s van haar te neem voor sy met haar gewigsverl­ies begin. “Ek het geweet dit gaan die foto’s wees wat my sal herinner aan hoe ek nié weer wil lyk nie.”

Dit sou die eerste van drie fotosessie­s van haar merkwaardi­ge transforma­sie wees.

DI T was’ n gesondheid sbewuste vriendin, Dor ene Thiart, wat haar gehelp het om ’ n eetplan en oefenprogr­am uit te werk. Die dieet het baie skommeldra­nkies bevat. Sy moes streng porsiebehe­er toepas en ongesonde kos uitsny. Hulle het ook gestap en ligte oefeninge soos arm- en beenoefeni­nge tuis gedoen.

Binne die eerste maand het 10 kg weggesmelt.

“Dit was die hupstoot wat ek nodig gehad het. Maar ek kon die streng dieet nie volhou nie en moes iets soek wat vir my werk.”

Dit is toe dat sy besluit het om volgens die bekende dieetbegin­sel te begin leef: matige porsies gesonde kos.

Geleidelik het die kilo’s begin verdwyn. Teen Junie 2016, minder as ’n jaar later, het haar gewig afgeneem tot 97 kg en het sy dit met ’n “halfpadmer­k”-fotosessie deur nog ’n vriendin, Carla Elstadt, laat verewig.

Intussen is Monica se troudatum bevestig. “Marilize van der Westhuizen, ’n vriendin en modeontwer­per, het spesiaal vir my ’n rokkie gemaak as motivering vir my volgende doelwit. Ek moes voor die troue 28 dae lank ’n streng dieet volg om die teiken van 82 kg te haal.”

Daar was groot vreugde toe sy dit regkry. Sy het daarna na haar gewone gesonde eetplan teruggekee­r en die vetjies het bly minder raak.

In Februarie vanjaar het sy vir haar derde fotosessie deur ’n vriend, Francois van der Westhuizen, poseer: Dié keer het sy op 68 kg voor die kamera gesmeul. Sy het sowaar meer as die helfte van haar destydse gewig verloor.

JONIELA vertel sy was op agt jaar reeds groter as ander kinders van haar ouderdomsg­roep. “Dis in ons gene,” verduideli­k sy. Destyds het sy tuisonderr­ig ontvang. “Elke keer wanneer ek deur die kombuis beweeg het, het ek iets gekry om aan te smul.”

Deur die jare het sy verskeie kitsdiëte en dieetpille probeer. Soms het dit nie gewerk nie; ander kere net tydelik.

Sy erken sy het in die dae voor sy gesonder begin leef het groot porsies geëet en haar aan lekkernye vergryp. Sy het saans voor die televisie aan skyfies en sjokolade weggelê en bedags gemorskos by die kafee of kitskos restaurant­e gaan koop. “Ek het geëet en nog geëet. Dis asof my brein nie kon besef wanneer ek versadig was nie.”

Toe haar kleregroot­te no. 44 verbysteek, wou sy nie meer klere koop nie. “Ek wou nie glo ek moet ’n groter nommer dra nie. Ek het my no. 44-broek tot ’n 48 gerek. Die broek wat ek vandag aanhet, is ’n 30 en die toppie ’n extra small. Destyds het ek gewonder watter mense in sulke klere pas.”

Hoe hoër die skaal se naald geklim het, hoe skamer het sy geword. “Ek wou nie op plekke uitklim waar daar te veel jong mense was nie. Daar was ’n stadium dat ek nie meer by die Spar wou ingaan nie.

“Mense weet nie met hoeveel emosies oorgewig mense sukkel nie. Die kommentaar is soms verskrikli­k.”

Sy onthou die keer toe sy trots vir ’n man vertel het sy het 5 kg verloor en hy toe vra: “Maar waar, in jou groottoon?”

Noudat sy haar mylpaal bereik het, voel sy gemaklik in haar vel. Sy hou vol met die gesonde eetplan van 2015 . “Ek eet drie gesonde etes per dag en drink elke dag twee liter water.”

Soggens is dit jogurt en vrugte of graankos; smiddae proteïen soos vis of hoender met groente; saans ’n proteïen met groente of slaai. Tussen maaltye peusel sy aan vrugte of biltong en soms beloon sy haarself met soetgoed of stysel.

Sy erken sy is lui vir oefen, maar sy gaan stap elke tweede dag met Chloe. “Ek blow-dry baie mense se hare, wat genoeg oefening vir my arms en rug is,” spot sy.

Wanneer sy van haar eetprogram afdwaal en gewig aansit, volg sy drie dae lank die streng dieet wat sy destyds voor die troue gevolg het.

Sy vertel sy kan deesdae gemaklik asemhaal wanneer sy stap, haar liggaam en voete pyn nie meer nie, en sy kan byhou met haar susters, Marthilet Erasmus (33) en Saré Pelzer (30), se kinders.

“Ek was nog altyd baie lief vir bad. Ek het maklik twee uur in die bad gelê; dan het my lyf so aan die bad se rand vasgesuig. Een van die lekkerste dinge van die gewigsverl­ies is om in die bad te kan ronddraai.

“Wanneer my susters se kleintjies saam met my gebad het, het hulle gesê: ‘Moet nog nie uitklim nie, want dan word die water te min.’ Nou sit die klomp saam in die water en die vlak bly dieselfde wanneer ek uitklim.”

Haar raad aan mense wat gewig wil verloor?

“Jy moet self daai kopskuif maak. Maak eers vrede met jouself. As jy voel jy het nie waarde nie, gaan jy nooit voel jy moet die gewig verloor nie.”

Weens haar gewigsverl­ies is daar los vel om haar maag, bobene en arms. “Ek sou wat gee om dit te laat wegsny, maar dis ’n duur prosedure.” En wat is haar volgende mylpaal? Binnekort wil sy nog ’ n fotosessie doen, sê sy, en wys blinkoog na ’n foto van ’ n noupassend­e aandrok wat sy dan wil dra.

 ??  ?? 133 kg 97 kg 68 kg BO, van links: Haar vriende het haar prestasie geboekstaa­f. Sy het haar gewigsverl­iesreis op 26 Oktober 2015 begin; teen Junie 2016 het sy 97 kg geweeg en in Februarie vanjaar 68 kg.
133 kg 97 kg 68 kg BO, van links: Haar vriende het haar prestasie geboekstaa­f. Sy het haar gewigsverl­iesreis op 26 Oktober 2015 begin; teen Junie 2016 het sy 97 kg geweeg en in Februarie vanjaar 68 kg.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa