Huisgenoot

ELLEN PAKKIES MIS HAAR SEUN ELKE DAG

-

Ellen het haar seun Abie, ’n tikverslaa­fde, in 2007 verwurg nadat hy haar lewe hel gemaak het. Haar verhaal is in ’n nuwe fliek te sien

Ellen, jy is ’n uiters

dapper vrou. Ek haal my hoed af vir jou omdat jy dit so lank uitgehou het met hom. Dit was jare se nonsens en seerkry. Ek weet jy sal hom altyd in jou hart liefhê. Maar waar hy nou is, is vrede; moet dit nie vergeet nie. KAREN VAN ZYL FOURIE Elke ouer wat kinders het wat nie aan dwelms verslaaf is nie, moet God dank. Om met ’n verslaafde saam te leef en jou alles te gee neem al die krag uit jou liggaam. Aan dié wat klippe wil gooi: Jou geliefdes kan in dieselfde bootjie beland. A. HARMSE

Ons het ’n verslaafde in die gesin ge

had. Dit is beslis nie grappies nie. Elke dag mis jy iets wat uit jou huis gesteel is. Elke aand wanneer ’n mens gaan slaap, bid jy dit is nie die nag dat jy ’n oproep gaan kry of die polisie jou gaan wakker klop nie. V. JANSEN VAN VUUREN Wat met Ellen Pakkies gebeur het, is so hartseer. Geen ouer behoort deur so iets te gaan nie. ’n Mens bring jou kind die wêreld in met hoop en drome van ’n blink toekoms. Dan kom die duiwel en hy steel en vernietig daardie drome. ROCHELLE THERON

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa