Huisgenoot

’n Mens is eers waarlik vry en onbevange in die twee dekades ná 40

-

57 jaar op aarde besef ek die byna twee dekades ná 40 was so bevrydend. Dit is wonderlik om bloot gemaklik in jou eie vel te wees.

Niks of niemand ontstel jou met wat hulle sê of dink nie.

Jou eie geselskap is nie meer vreesaanja­end nie en word selfs verwelkom en as opbouend ervaar.

’n Gefluister laat jou nie meer dink iemand praat dalk van jou nie.

As iemand jou nog raaksien, is dit mos ’n bonus.

Mode, giere en geite word net nagevolg as jy werklik daarna voel.

En ja, jy mag nee sê as iets jou nie geval nie. Glo my, dit laat jou nie eens meer skuldig voel nie.

As ek dié wysheid maar net vroeër in my lewe gehad het.

As ek maar net alles geweet het wat ek nou weet, sou ek minder bekommerni­sse gehad het.

Maar nou sal ek elke oomblik daarvan geniet terwyl dit hou.

Die twee dekades ná 40 was soos om uit ’n kokon van mense se oordeel en denke te ontsnap en jou vlerke vir die eerste keer te sprei.

Vir die eerste keer in my lewe is ek werklik so vry soos ’n vlinder. EMIL VAN EEDEN, HERMANUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa