Huisgenoot

Oupa moet darem ook rus wanneer sy besige kleinkinde­rs kom kuier

- KATJA

DIE

kleinkinde­rs kom kuier uit Doebai. Ons is vroeg op die lughawe. Die opgewonden­heid is groot. Terug by die huis is die twee kleinkinde­rs besig.

In Doebai speel hulle nie buite nie, want dis te warm. Maar by ouma en oupa se huis is baie gras en speelplek. Hulle gil en speel van vroeg tot laat.

Op die tweede dag hoor ons ’n vreeslike gegil. Almal storm buitentoe. Die kinders gil: “Gorillas!” Twee bobbejane sit en aanskou dié gillery. Dit was die laaste keer dat die kinders buite was. Daarna speel hulle net binne.

Op die derde dag verdwyn oupa. Laatmiddag begin ons soek. Oupa is weg. Ons gaan kyk of hy buite is. Toe ons opkyk, sit hy op die huis se dak en voer sy janfiskaal kaas. Die rustigheid self.

Oupa hou van stilte. Die besige kleinkinde­rs het hom ’n bietjie onkant betrap. Toe vlug hy. Die enigste plek waar hy rustigheid kon vind, was op die huis se dak. Daar waar dit net hy en sy janfiskaal is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa