Huisgenoot

SUIKERBOS, EK WIL JOU HÊ

-

Die koningspro­tea word soms die heuningpot genoem oor die soet stroop wat dit afskei. Trouens, proteas in die algemeen staan ook as suikerboss­ies bekend. Party proteas skei so baie nektar af dat vroeë Hollandse setlaars aan die Kaap dit kon versamel deur die blomhofie in ’n emmer uit te skud. Hulle het dan ’n bossiestro­op daarvan gekook wat hulle as medisyne soos ’n hoesstroop gebruik het. Die protea skei die nektar af om voëls en insekte soos die Kaapse heuningby (regs) te lok, wat die blom help bestuif. Wanneer een van die insekte die protea besoek, sal die blom oopklap om die styl te ontbloot, wat stuifmeel aan die besoekertj­ie afsmeer. Die insek dra die stuifmeel dan saam om proteas op ander plekke te bestuif.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa