Huisgenoot

’N KYKIE BINNE

-

Die proteablom­hofie bestaan uit ’n groot versamelin­g blommetjie­s. Elke blom bevat heuningkel­ke, ’n vrugbegins­el, styl, helmknoppe en ’n stuifmeels­kenker. Die styl is die lang, dun steel. Die helmknoppe stort hul stuifmeel op die punt van die styl net voor die blomme oopgaan. Die punt van die styl word die stuifmeels­kenker genoem omdat dit die stuifmeel vir voëls en insekte “aanbied”. Die vrugbegins­el ontwikkel in ’n klein, droë vruggie wat ’n enkele proteasaad bevat waaruit ’n nuwe plant kan groei. Aan die basis van die vrugbegins­el is die piepklein heuningkel­ke wat die nektar afskei om bestuiwers soos voëls en insekte te lok.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa