Huisgenoot

Charlton George

Dié Kaapse akteur kook – van die planke tot die kassie

- Deur LARA ATSON

PROKKIE OP DIE KASSIE

Dié Kapenaar hou al 36 jaar sy lyf akteur en het al in talle reekse gesig gewys – van Sara Se Geheim tot Waterfront. Charlton (55) vertolk tans die rol van die prokureur Dolf Ungerer in die kykNETreek­s Fynskrif.

“Dolf se skoene is nogal kompleks om in te staan omdat hy as persoon so verwyderd is van my leefstyl en beroep,” vertel hy. “Hy is totaal obsessief oor die korrekte manier van dinge doen. Obsessief en kompulsief. Vir my was dit belangrik om baie te lees oor die regte, advokate en regters, en selfs op die stel die wetboeke te lees. Ja, daar is regte wetboeke op daai rakke,” verklap hy.

Sien hy ’n bietjie van homself in Dolf ? “Ek is beslis nie obsessief oor hoe ver van die tafelrand my bord moet wees nie, hoewel die teater my heel obsessief kan maak. Ek sal ook nie my hare soos Dolf dra nie. Nee wat, daai kuif is net te erg. Maar dis perfek vir Dolf.”

ROLLE WAT HOM BYBLY

Charlton het al alles van ’ n polisieman tot dwelmhande­laar gespeel. “Baie van die karakters vervaag mettertyd, maar (die transgende­r karakter) Ricardo Stuurman in die eenmanvert­oning Rokkie en Dolf in Fynskrif bly my by. Albei het my ’n traan laat stort toe ek die teks die eerste keer lees.”

SY GROOTWORDJ­ARE

Hy’t in die township Morningsta­r in Durbanvill­e, Kaapstad, grootgewor­d. “Toe was dit nog Newtown en kon jy daar met oop vensters en deure slaap. En dit was ’n plek met karakters,” onthou hy.

“Ou manne wat kon stories vertel. En sport en kunstalent. Groot manne het mekaar nog uitgedaag tot kaalvuisge­vegte. En die nagwa het nog in die aand die toiletbali­es kom omruil. “As kind was ek skaam en selfbewus. Eendag word my grootste vrees toe waar: Ek moes by die Tygerberg-jeugvereni­ging se eisteddfod ’n gedig voordra. Die rit in die skoolhoof se kar was soos ’n rit na die tandarts.

“Gelukkig gee my skoolmaat Neels Coller toe vir my ’n happie sjokolade en vermaak my met hoe hy goud gaan wen. My vrees het wonder- baarlik verdamp die oomblik toe ek op daardie verhoog uitstap.

“Die toneelgogg­a het twee jaar later gebyt toe ek in ’n skoolopere­tte gespeel het. Morningsta­r se gehore was altyd die kritiesste en baie sangers en voordraers het al onder ’n vlaag eiers en tamaties uitgevlug en nooit weer hul voete op ’n verhoog gesit nie. Ek het daardie kritiese gehoor laat lag; vir my as kind was dit ’n groot prestasie.”

GEBORE VERMAAKSTE­R

“Toneelspel is in my familie se bloed,” vertel Charlton. “My ouma Evelyn George het in die 1950’s omtrent die gemeenskap vermaak met haar komiese gedigte in die NG kerk se konserte, terwyl my uncle Allan George se skreeusnaa­kse sketse in die 1960’s nog maande daarna bespreek is. Van die jonger suksesvoll­e garde in ons uitgebreid­e familie is my niggie Kim Engelbrech­t (wat in die Amerikaans­e superheldr­eeks The Flash te sien is), haar suster Jody Butler, ’n platejoggi­e, en my neef Charles Tertiens.” Charles is ’n akteur en komediant.

KAAPSE WORTELS

Charlton woon tans in Kuilsrivie­r. “My pa, Edgar (83), is laas maand oorlede, en ek bring tans tyd deur saam met my ma, Lorraine (82). Ek woon in ’n woonstel in Maitland saam met my metgesel, Janine (49), en dogter, Ruby (14). So ek is maar tussen die twee plekke. Ek het deesdae min vrye tyd; daarom doen ek baie min wanneer ek dit wel het. Agt jaar gelede was daar baie bergen seebesoeke, en baie reise na die platteland om die hartland te verken. Ek hou ontsettend baie van lees, maar vir al dié dinge is daar nie nou tyd nie, veral met ’n besige skedule.”

KYKNET | DINSDAE 20:00 Fynskrif en die dramareeks­e Waterfront en Sara Se Geheim, waarin Charlton ook te sien is, is op die stroomdien­s Showmax beskikbaar.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa